“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

12 Sleutels tot ʼn gewaarborgde Orgasme

ʼn Orgasme by die vrou is ʼn intense sensasie van genot wat ʼn alternatiewe staat van bewustheid tot gevolg het en wat gewoonlik vergesel word deur intense ritmiese sametrekkings van die uterus en bekkenvloerspiere. Dit gaan gepaard met ‘n gevoel van algemene genoegdoening en ontspanning.
ʼn Orgasme kan deur ʼn verskeidenheid van genitale en nie-genitale stimulasie veroorsaak word. Die klitoris en vagina is die mees algemene areas van stimulasie maar stimulasie van die borste, pubis en ander erogene sones kan ook orgasme tot gevolg hê. Die meeste vrouens bereik orgasme deur klitorale stimulasie. Die klitoris bestaan uit meer as 8000 senuwee eindpunte. Vroulike orgasme kan ook deur denke of fantasie gestimuleer word sonder noodwendige fisiese stimulasie en kan ook tydens slaap plaasvind.
Die nuutse navorsing dui daarop dat ‘n gedeelte van die hipotalamus, die middelbrein, die hippokampus en die serebellum geaktiveer word tydens orgasme. Dieselfde areas van die brein word geaktiveer ongeag of daar klitoriale of vaginale stimulasie was. Orgasme is meer as ‘n eenvoudige refleks, dit het ook baie met persepsie en die subjektiewe belewenis daarvan te doen.
Daar word ook onderskeid getref tussen ‘n matige, normale en intense orgasme. Orgasmes verskil dus van dag tot dag en die intensiteit van orgasme word beïnvloed deur hormonale vlakke, die vlak van die vrou se opwekking (arousal), die tydsduur van hierdie opwekkingsfase, die aard van die stimulasie en ook die vrou se algemene gemoedtoestand soos vlak van moegheid, spanning of depressie. Die verhoudingskonteks speel ook ʼn belangrike rol.
Ongeveer 80% van vrouens bereik nie orgasme met penetrasie alleen nie. Vaginale vs klitorale orgasme? Daar is ʼn neiging om die vaginale orgasme as die toppunt van orgasmes te beskryf en te verabsoluteer. Daar is verskillende opinies hieroor maar die nuutste navorsing daarop dat orgasmes bloot verskil in die intensiteit daarvan as gevolg van ander faktore soos reeds genoem en nie met die feit of daar klitorale of vaginale stimulasie was nie. Een orgasme is dus nie beter as ʼn ander een nie. As jou brein nie saamspeel nie kan daar soveel stimulasie as moontlik wees en orgasme sal nie plaasvind nie.
Chroniese medikasie, veral anti-depressante kan ʼn negatiewe impak op jou vermoë om orgasme te bereik hê. Konsulteer jou dokter hieroor.

12 Sleutels tot orgasme:
1. Wat gebeur in jou kop?
Maak seker jou gedagtes is by die sensuele en erotiese. Fantaseer en moenie dink aan die 10 dinge wat jy nog moet doen nie.
2. Wees in jou lyf
Maak seker dat jy in jou lyf is. Fokus jou eie ervaring en die sensasies en nie op wat jy vir jou maat moet doen nie. Betrek al jou sintuie.
3. Ontspan
Haal diep asem, masseer mekaar en ontspan.
4. Voorspel
Effektiewe en lank genoeg voorspel is die sleutel. Meeste vrouens het ongeveer 20 minute van stimulasie nodig voor hulle orgasme bereik.
5. Verskillende vorme van stimulasie
Hoe meer verskillende vorme en tipes stimulasie gedoen word hoe beter. Dink aan orale klitorale stimulasie gekombineer met stimulasie met die hand, stimulasie van die borste en intieme soene.
6. Die sendeling posisie met die pelviese tilt
Die klitoris word indirek gestimuleer. Die vrou moet op haar rug lê, onder die man met haar pelvis na bo getilt. Die vulva moet so getilt wees dat dit platdruk teen die man se pelviese been wat dan wrywing van die klitoris en labia veroorsaak. Eksperimenteer met verskillende hoeke van penetrasie. Dit kan help om ʼn kussing onder jou te sit.
7. Die ‘coital alignment technique’ (CAT)
Die man moet bo-op die vrou lê en sy pelvis vorentoe skuif van die normale sendelingposisie af en sodat die basis van sy penis direk kontak maak met die klitoris. Begin stadige ritmiese vorentoe en agtertoe bewegings eerder as die op en af bewegings. Die penis en klitoris moet deurgaans kontak behou.
8. Wees bo
So kan sy die posisie van haar pelvis aanpas en het sy meer beheer oor die hoek, diepte en spoed van penetrasie. Die man kan lê/sit en sy kan wiegbewegings uitvoer wat die klitoris stimuleer.
9. Kegel oefeninge
Knyp die bekkenvloerspiere saam, die spiere wat gebruik word om die vloei van uriene te stop. Versterk die pelviese vloer sodat jy tydens penetrasie hierdie spiere kan saamtrek en ontspan. Indien spiere nie genoegsaam versterk nie, kan jy ʼn seksuoloog kontak wat jou na opgeleide pelviesevloer fisioterapeute kan verwys. Dit mag jou lewe verander!
10. Knyp jou bene toe
Knyp jou bene toe tydens die sendeling posisie, dit veroorsaak wrywing van die penis op die klitorale glans.
11. Stimuleer die serviks
Baie vrouens vind diep penetrasie waartydens die serviks gestimuleer word uiters bevredigend. Eksperimenteer met posisies wat diep penetrasie moontlik maak. Lê op jou rug met jou bene opgetrek of wees jy bo maar met jou rug na hom gedraai.
12. Smeermiddel
Gebruik ʼn goeie kwaliteit silikongebasseerde smeermiddel.
13. Seksuele hulpmiddels
Seksuele hulpmiddels soos ‘n nuwe generasie vibrator, penisring wat ook die klitoris stimuleer of vingervibrator kan baie effektief in die liefdespel benut word. Besoek gerus: www.tussendielakens.co.za

Om orgasme te bereik het baie voordele. Geniet die orgasme en vergeet waar dit vandaan kom!

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV