“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

As seks seer is…

Lesersvraag: Hoekom sukkel ek en my verloofde so baie met aanvanklike penetrasie? Haar vagina bly droog en gevolglik is penetrasie baie pynlik vir haar. Ons spandeer genoeg tyd aan voorspel.
Pynlike seks is ‘n kondisie wat dikwels in stilte verduur word en gevoelens van ontoereikendheid, skuld, angs en depressie kan veroorsaak. Navorsing wys dat soveel as een uit vyf vroue pyn tydens seks ervaar. Die internasionale baanbrekers op die gebied van seksuele pyn, Goldstein, Goldstein en Pukall is van mening dat ongeveer 60% van vroue drie of meer gesondheidspraktisyns besoek voor ʼn korrekte diagnose gemaak word en ʼn suksesvolle behandelingsplan voorgeskryf word. 40% van vroue met seksuele pyndisfunksies bly ongediagnoseerd! In die praktyk sien ons al hoe meer vroue wat kom aanklop vir hulp omdat hulle pyn tydens of na seks het.

Die rillerstories van vroue oor die ‘professionele raad’ wat hulle al gekry het sluit onder meer in:

• Dit is alles in jou kop – ontspan net
• Drink ʼn glas of twee wyn
• Dit is maar dikwels vir vroue seer, byt maar op jou tande, dit sal beter word
• Kyk pornografie
• Jou baarmoeder lê verkeerd en veroorsaak die pyn
• Jou vagina is ‘te klein’, ʼn operasie sal die oplossing wees
Ek het letterlik nog nooit ʼn pasient gesien wie sy pyn tydens seks net in hulle kop is nie. Daar is altyd ook ʼn fisiese oorsaak vir die pyn – al is dit net die onwillekeurige sametrekking van die bekkenvloerspiere. As daar ʼn oorsaak is, is daar ook ʼn oplossing!

Vandag is daar ʼn multi-professionele span in Suid Afrika wat in pas met internasionaal erkende instansies in die buiteland se behandelingsfilosofie, seksuele pyn holisties binne multi-dissiplinêre spanverband hanteer. Honderde vroue is al gehelp om pynvrye seks te kan geniet. Die suksessyfer is baie hoog en die span het al selfs vroue wat in soveel as dertig jaar van getroude lewe nooit seks kon gehad het nie, suksesvol behandel.

Die integrale rol van die seksuele gesondheid spesialis is om die oorsaak van die pyn op te spoor en dan die beste behandelingsplan voor te stel. Deel van die behandeling sluit meestal ook sessies met die psigo-seksuoloog in om die emosionele aspekte van die pyn, sowel as die impak van die pyn op die verhouding aan te spreek. Seer seks sit nie in jou kop nie, maar dit lol tog met jou kop en dikwels ook met jou verhouding.

Wat is die mees algemene oorsake van pyn tydens seks?

Baie vrouens het oppervlakkige dispareunie. Dit wil sê pyn wat onstaan naby die opening van die vagina, waar dit reeds seer is as die man probeer penetreer of wanneer selfs die gebruik van ʼn tampon seer (of onmoontlik) is. Ander vrouens het diep dispareunie wat soms alleen voorkom en soms saam met oppervlakkige dispareunie voorkom. Die mees algemene oorsake van oppervlakkige en diep dispareunie wat saam voorkom is endometriose, kieste op die eierstokke, prikkelbare dermsindroom, hardlywigheid of dikwels ook bindweefsel wat vorm as gevolg van herhaaldelike operasies. Ek hoor dikwels dat dokters vir pasiente sê dat die oorsaak van hulle pyn die baarmoeder is wat ‘verkeerde kant toe kyk’. ‘Dit is baie onwaarskynlik dat dit die rede vir die pyn is. Oppervlakkige pyn word gewoonlik veroorsaak deur ʼn kombinasie van probleme met die vel, senuwees en die spiere rondom die vaginale opening. Hierdie abnormaliteite word veroorsaak deur hormoonwanbalanse (byvoorbeeld die gebruik van die pil, menopouse of swangerskap en borsvoeding), herhaaldelike infeksies of ʼn genetiese hipersensitiwitiet van die senuwees.

Daar is meestal abnormale werking van die bekkenvloerspiere met spasmas, snellerpunte en soms ook swakheid van sekere spiere. In sommige vroue word hierdie probleme veroorsaak deur die verkeerde postuur, rugprobleme of selfs net spanning en angstigheid. Sommige vroue het konstante spasma en by ander gaan die spiere net onwillekeurig in spasma wanneer daar poging tot penetrasie is en dan kan die vrou die spiere nie weer willekeurig ontspan nie, dit word vaginisme genoem.

Sommige vroue het primêre uitgelokte vestibulêre pynsindroom. Dit veroorsaak geweldige pyn met die ligste aanraking van die vulva area. Pynlike blaassindroom kan ook pyn tydens seks veroorsaak.

Veralgemeende Vulvadinia is ʼn kondisie wat erge pyn veroorsaak selfs wanneer die vrou nie probeer om seks te hê nie. Dit word dikwels veroorsaak deur ‘n kombinasie van stywe pelviesevloerspiere en ‘n besering van die pudendale senuwee.

Pudendale neuralgie is ‘n kondisie waar die pundendale senuwee, wat sensasie van die uitwendige geslagsorgane, die laer rektum en die perineum (area tussen die genitaliëe en anus) na die brein vervoer beskadig of vasgeknyp is. Vroue met pundendale neuralgie ervaar ʼn intense brandsensasie en pyn wanneer hulle sit en het dikwels ook blaas en derm probleme.

Dara is ook vrouens wat ʼn algemene aversie teen seks het en soms is seksuele trauma van die verlede ook ʼn bydraende faktor.

Wat sluit die behandeling van seer seks gewoonlik in?

Die behandeling hang af van die spesifieke diagnose. ʼn Verskeidenheid behandelingsmetodes word gewoonlik in kombinasie aanbeveel. Dikwels word ʼn salf wat spesiaal gemeng word vir die spesifieke diagnose en rondom die vaginale opening aangewend word, voorgeskryf. Medikasie kan ook ‘n belangrike rol speel om die senuwees wat betrokke is te herstel en angstigheid te behandel. Kroniese infeksies word behandel, die hormoonwanbalans word herstel en dilators word dikwels aanbeveel om die weefsel stelselmatig te rek en die brein te herkondisioneer dat penetrasie iets is wat nie seer is nie. Die vrou ervaar dus dat sy in beheer van haar liggaam en penetrasie is. Fisioterapie deur ʼn handjievol gespesialiseerde fisioterapeute wat die bekkenvloerspiere kan behandel, en dan sessies met die psigo-seksuoloog vir seksterapie om die paartjie te help om stelselmatig weer (of vir die eerste keer!) ʼn sensuele verhouding te ontwikkel waar die fokus aanvanklik glad nie op sekspenetrasie is nie en om die sielkundige aspekte van die pyn en die impak daarvan op die verhouding aan te spreek, is deel van die program. In sommige gevalle word Botox of ander inspuitings gebruik as fisioterapie alleen nie help om die spiere laat ontspan nie.

Die slotsom:
• Pyn tydens seks is nie net in jou kop nie!
• Daar is spesifieke diagnoses en suksesvolle behandeling
• Gebruik altyd ʼn goeie watergebasseerde smeermiddel
• Kry professionele hulp indien jy pyn ervaar
• Seks behoort nie seer te wees nie
• Seks behoort lekker te wees
• Seks behoort te gebeur wanneer en hoe JY dit wil hê
• Seks behoort deel te wees van ʼn liefdevolle, gesonde verhouding
• Seks behoort nie die fokus van ʼn gesonde verho

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV