“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Die nuutste oor orgasme…

By die ‘World Association of Sexology’ (WAS) se wêreldkongres in 2015 is bekendgemaak dat daar nie bewyse is vir die bestaan van die G-kol nie.
Vaginale of klitorale orgasme? Die vraag of daar aanspraak gemaak kan word op die bestaan van ʼn vaginale en klitorale orgasme is al jare lank kontroversieël. Wat is die nuutste navorsing op hierdie front?
Hoe word ʼn orgasme gedefinieer?
ʼn Orgasme by die vrou is ʼn intense sensasie van genot wat ʼn alternatiewe staat van bewustheid tot gevolg het en wat gewoonlik vergesel word deur intense ritmiese sametrekkings van die uterus, bekkenvloerspiere en omriggende spiere. Dit gaan gepaard met ‘n gevoel van algemene genoegdoening en vervulling en ontspanning.

ʼn Orgasme kan deur ʼn verskeidenheid van genitale en nie-genitale stimulasie veroorsaak word. Die klitoris en vagina is die mees algemene areas van stimulasie maar stimulasie van die borste, pubis en ander erogene sones kan ook orgasme tot gevolg hê. Die meeste vrouens bereik orgasme deur klitorale stimulasie. Die klitoris bestaan uit meer as 8000 senuwee eindpunte. Vroulike orgasme kan ook deur denke of fantasie gebeur sonder fisiese stimulasie en kan ook soms tydens slaap plaasvind.

Die nuutse navorsing dui daarop dat ‘n gedeelte van die hipotalamus, die middelbrein, die hippokampus en die serebellum geaktiveer word tydens orgasme. Dieselfde areas van die brein word geaktiveer ongeag of daar klitoriale of vaginale stimulasie was. Orgasme is meer as ‘n eenvoudige refleks dit het ook baie met persepsie of te wel die subjektiewe belewenis daarvan te doen.

Daar word ook onderskeid getref tussen ‘n matige, normale en intense orgasme. Orgasmes verskil dus van dag tot dag en die intensiteit van orgasme word beinvloed deur onder meer hormonale vlakke, die vlak van die vrou se opwekking (arousal), die tydsduur van hierdie opwekkingsfase, die aard van die stimulasie en ook die vrou se algemene gemoedtoestand byvoorbeeld die vlak van moegheid, spanning, angs of depressie. Natuurlik speel die verhoudingskonteks ook ʼn belangrike rol. Is daar emosionele nabyheid en ‘n gevoel van veiligheid?

Ongeveer 80% van vrouens bereik nie orgasme met penetrasie alleen nie. Die groot vraag is nou vaginale vs klitorale orgasme. Daar is ʼn neiging in die media om die vaginale orgasme as die toppunt van orgasmes te beskryf en te verabsoluteer as dit waarna gestreef moet word. Daar is verskillende opinies hieroor maar weereens dui die nuutste navorsing daarop dat orgasmes bloot verskil in die intensiteit daarvan as gevolg van ander faktore soos reeds genoem en nie met die feit of daar klitorale of vaginale stimulasie was nie. Een orgasme is dus nie beter as ʼn ander een nie. As jou brein nie saamspeel nie kan daar soveel klitorale of vaginale stimulasie as moontlik wees en orgasme sal nie plaasvind nie.

Natuurlik kan chroniese medikasie, veral anti-depressante ʼn negatiewe impak op jou vermoë om orgasme te bereik hê. Konsulteer gerus jou dokter hieroor.

Dit alles gesê is daar wel maniere om orgasme met penetrasie moontlik te maak of om oor die algemeen orgasmes te bevorder:

1. Wat gaan in jou kop aan?
Maak seker jou gedagtes is by die sensuele en erotise. Fantaseer en moenie dink aan die 10 dinge wat jy nog op jou lysie vir die dag het nie.
2. Wees in jou lyf
Maak seker dat jy in jou lyf is. Dat jy op jou eie ervaring en die sensasies fokus en nie so ingestel is op wat jy vir jou maat moet doen nie. Betrek al jou sintuie.
3. Ontspan
Haal diep asem, masseer mekaar of doen wat jy nodig het om te ontspan.
4. Voorspel
Effektiewe en lank genoeg voorspel is die sleutel. Meeste vrouens het ongeveer 20 minute van stimulasie nodig voor hulle orgasme sal bereik mits al die ander dinge in plek is.
5. Verskillende vorme van stimulasie
Hoe meer verskillende vorme en tipes stimulasie gedoen word hoe beter. Dink aan orale klitorale stimulasie gekombineer met stimulasie met die hand, stimulasie van die borste en intieme soene.
6. Die sendeling posisie met die pelviese tilt
Hierdie tegniek stimuleer dikwels die klitoris indirek. Die vrou moet op haar rug lê, onder die man met haar pelvis na bo getilt. Die vulva moet so getilt wees dat dit plat druk teen die man se pelviese been wat dan wrywing van die klitoris en labia veroorsaak. Eksperimenteer met verskillende hoeke wat die hoek van die penis verander. Dit kan help om een of meer kussings onder jou te sit.
7. Die ‘coital alignment technique’ (CAT)
Die man moet bo-oor die vrou lê sonder om homself op sy elmboë te stut. Hy moet dan sy pelvis vorentoe skuif van die normale sendeling posisie af en seker maak die basis van sy penis maak direk kontak met die klitoris. Jy en jou maat moet dan stadige gekoördineerde ritmiese vorentoe en agtertoe bewegings uitvoer eerder as die gewonde op en af bewegings. Maak seker dat die penis en klitoris deurgaans kontak behou.
8. Wees bo
As die vrou bo is kan sy die posisie van haar pelvis aanpas en het sy meer beheer oor die hoek, diepte en spoed van penetrasie. Die man kan ook vrylik haar borste en klitoris addisioneel stimuleer. Die man kan lê of sit en die vrou kan wiegbewegings uitvoer wat weer eens die klitoris stimuleer en diep penetrasie tot gevolg het.
9. Oefen daai spiere: Kegel oefeninge
Knyp gereeld die bekkenvloerspiere saam. Dit is die spiere wat jy gebruik om die vloei van uriene te stop. Versterk so die pelviese vloer sodat jy tydens penetrasie hierdie spiere kan saamtrek en ontspan. Die verhoog beide die man en vrou se sensasie. Sommige vrouens ervaar ook ʼn baie intense orgasme wanneer hulle net voor orgasme die bekkenvloerspiere hard saamtrek. Indien jy voel dat met jou eie oefeninge die spiere nie genoegsaam versterk nie kan jy ʼn seksuoloog kontak wat jou na spesiaal opgeleide pelviese vloer fisioterapeute kan verwys. Dit mag jou lewe verander!
10. Knyp jou bene toe
Knyp jou bene toe tydens die sendeling posisie. Wanneer die vrou haar bene toeknyp kan wrywing van die penis op die klitorale glans plaasvind wat orgasme tot gevolg het.
11. Stimuleer die serviks
Baie vrouens vind diep penetrasie waartydens die serviks gestimuleer word uiters bevredigend. Julle sal moet eksperimenteer met posisies wat diep penetrasie moontlik maak. Lê op jou rug met jou bene opgetrek of wees jy bo maar met jou rug na hom gedraai.

Om orgasme te bereik het baie voordele behalwe die blote genot daarvan. Geniet dus die orgasme en vergeet waar dit vandaan kom!

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV