“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Chirurgie onder die belt…

Al hoe meer vrouens wil deesdae meer weet oor kosmetiese en ander prosedures rakende die vulva en die vagina en labiaplastie, ‘n prosedure om die labia ‘kleiner’ en ‘mooier’ te maak, raak al hoe meer gewild.

Daar is ‘n wye variasie in die natuurlike voorkoms van die vroulike genitalieë en daar bestaan nie iets soos die ‘ideale voorkoms’ nie. Verskeie faktore, onder meer veroudering en die kraamproses, kan ‘n invloed hê op die voorkoms van die vrouedele.

‘n Labiaplastie is ‘n chirurgiese prosedure wat die binneste labia (labia minora), buitenste labia (labia majora) en die graad van klitorale bedekking herkonstrueer. Sommige vrouens ondergaan hierdie prosedure om kosmetiese redes aangesien hulle voel dat die oortollige labia weefsel hulle minder vroulik laat voel. Oormatige weefsel kan in sommige vrouens ongemak tydens seks of fisiese aktiwiteit soos perdry veroorsaak. Vergroting van die binneste labia is nie ‘n aangebore probleem nie, maar een wat in ‘n vrou se later lewe ontwikkel. Die binneste labia word totaal of gedeeltelik verwyder, of kleiner gemaak.

Vaginoplastie of vaginale verjonging spreek meestal funksionele probleme soos oppervlakkige seksuele pyn aan. Daar is verkeie vaginoplastie prosedures wat gebruik word, gewoonlik omdat daar gesê word dat die opening van die vagina te klein is. Indien die maagdevlies (hymen) te styf is, kan dit verwyder word. Indien die vaginale opening te groot is, kan dit gepaard gaan met gebrekkige sensasie wat tot onbevredigende seks vir beide partye kan lei. Vaginale verjonging word dan dikwels voorgestel om die spiertonus en voorkoms van die vagina te herstel om die uitwerking van ouderdom en kraam aan te spreek.

Eties gesproke is daar steeds baie vrae rondom hierdie tipes prosedures. Seksuoloë wêreldwyd is van menig dat meeste chirurge nie genoegsaam opgelei is om die prosedure uit te voer nie, die beste metodes om dit uit te voer is nog onseker en daar is nie sekerheid oor die komplikasie koers en langtermyn gevolge van hierdie prosedures nie. Dikwels veroorsaak hierdie prosedures juis jarelange pyn.

As jy glo dat jou geslagsorgane so lelik is dat dit plastiese chirurgie benodig is dit wenslik om met ‘n seksuoloog of sielkundige wat in seksualiteit spesialiseer te gesels. Daar is dikwels dieper onderliggende oorsake hiervoor. Daarom sien ek gereeld vrouens in my praktyk wat die prosedure ondergaan het, maar steeds seksuele selfbeeld probleme het. Negatiewe seksuele liggaamsbeeld hou dikwels verband met vorige negatiewe seksuele ervaringe, skuld en skaamte, negatiewe seksopvoeding of seksuele trauma.

In my twintig jaar van ervaring as seksuoloog wat in vroulike seksuele pyn spesialiseer weet ek dat die enigste langtermyn suksesvolle behandeling is wanneer seksuele pyn binne ‘n multi-professionele span aangespreek word. Die seksuoloog, mediese seksuele spesialis en veral ‘n fisioterapeut wat spesialiseer in bekkenvloerdisfunksie is nodig. Daar is ‘n groot verskeidenheid seksuele pyndisfunksies wat elkeen ‘n spesifieke behandelingsprogram vereis. Dikwels gaan dit oor senuwees of spierspasmas wat nie deur chirurgie aangespreek word nie. Die persepsie dat die vaginale opening te klein of te groot is, is dikwels net dit, ‘n verkeerde persepsie en indien daar wel so ‘n probleem is word dit suksesvol behandel deur spesialis fisioterapie. Indien jy ongemak of pyn tydens seks ervaar gaan sien ‘n seksuoloog. Die probleem moet reg gediagnoseer word om die beste behandelingsplan te volg.

Ongelukkig sien ook ook al hoe meer dat nie-medici (leke) wat sulke operasies uitvoer. Weet dat ‘n persoon wat nie by die Mediese Raad (HPCSA) geregistreer is nie en so operasie uitvoer die wet oortree en dat jy nie net jou toekomstige gesonde seksuele funksionering nie, maar ook jou lewe in gevaar stel! Solank jou geslagsorgane werk, is hulle perfek! Moenie dat iemand sommer aan jou genitalieë sny nie!

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV