“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Nie vannaand nie skat. Wag ek bring die tower pienkpilletjie…

Lae seksdrang of libidoverlies is sekerlik die probleem wat ek die meeste in die praktyk sien. Die Amerikaanse Voedsel- en Medisynebeheerraad (FDA) het onlangs ‘n pil goedgekeur vir die behandeling van lae seksdrang in vrouens. Die aktiewe bestanddeel in die produk Addyi is Flibanserin, wat oorspronklik as ’n antidepressant ontwikkel is. Die FDA het die pil reeds twee keer van tevore afgekeur omdat dit nie juis doeltreffend is nie en weens die potensiële ernsitige newe-effekte daarvan.

Die pil is nog nie in Suid Afrika beskikbaar nie. Die maatskappy Sprout, moet nog besluit of hy die middel in Suid-Afrika wil bemark, en moet dan die Medisynebeheerraad nader om aansoek te doen. Met die aansoek moet die maatskappy bewys dat die geneesmiddel in mense werk, veilig vir menslike toediening is en dat ’n aanvaarbare standaard van produkvervaardiging gevolg word.

Soos met die bekendstelling van Viagra 15 jaar gelede is daar groot media belangstelling oor die sogenaamde ‘pienkpil’ wat vrouens van hul spreekwoordelike kopsere sal genees. Baie mans en vroue is opgewonde oor die idee van ʼn towerstaf pil wat eensklaps die seksdrang in die hoogste sal laat skiet.

Ongelukkig moet daar nog baie geleer word oor Addyi en is seksuoloë dit eens dat die newe-effekte ernstig kan wees. Die pil moet daagliks geneem word en newe-effekte kan lae bloeddruk (veral wanneer dit saam met alcohol geneem word), floutes en slaperigheid insluit. Newe-effekte kan vererger wanneer dit saam met ander geneesmiddels en selfs tradisionele of natuurlike medisyne geneem word. Tydens die kliniese toetse is ’n postmenopousale vrou dood en dus kan dit nie vir dié vroue voorgeskryf word nie.

Wat is vroulike hipoaktiewe seksuele begeerte-/opwekking-steurnis (HSBOS)?

Volgens die nuwe definisie in die ‘Diagnostic and Statistical Manual for Psychiatric Disorders DSM-5’ van die American Psychiatric Association kan HSBOS gediagnoseer word wanneer die hoeveelheid seksuele behoefte en opwekking merkbare spanning vir die individu of in die verhouding skep en vir langer as ses maande duur. Dit kan dus verskil van mens tot mens.

Die produk Addyi kan nie met Sildenafil (Viagra) vergelyk word nie omdat dit op heeltemal verskillende maniere werk. Viagra verslap die bloedvatspiere van die penis en verhoog dus bloedvloei en veroorsaak ’n ereksie. Viagra het nie ’n invloed op die brein se neuro-oordragstowwe nie. Flibanserin werk egter op die serotonien in die brein. Neuro-oordragstowwe, sowel as sekshormone soos testosteroon en estrogeen, is noodsaaklik vir ’n gesonde seksdrang. Flibanserin moduleer waarskynlik serotonien, maar ook dopamien en noradrenalien onregstreeks in die brein wat tot verhoogde seksdrang aanleiding kan gee.

Eenvoudig gestel aktiveer Flibanserin, Serotonien 1A-reseptor wat goed is vir seksuele begeerte en deaktiveer dit Serotonien 2B, ’n ander reseptor wat seksuele begeerte kan inhibeer. Presies hoe die middel seksuele begeerte en angs verbeter is egter nog onbekend.

Feit bly staan dat vroulike seksdrang baie meer gekompliseerd is as ‘n paar neuro-oordragstowwe en hormone wat in lyn moet wees. Daar is inderdaad nie ʼn ‘quick fix’ vir vrouens wat nie lus is vir seks nie. Die oorsaak van die probleem moet gediagnoseer en behandel word.

Flibanserin kan in sommige vrouens aanvullend gebruik word in die multi-professionele behandeling van HSBOS. Dit is egter belangrik om te besef dat HSBOS in vrouens nie ‘n ‘meganiese’ probleem is soos gewoonlik die geval met mans wat erektiele disfunksie het nie, maar ‘n kombinasie van fisiese, emosioneel sielkundige en verhoudingsprobleme is. Daarom sal Flibanserin eerder as ‘n laaste opsie oorweeg word. In Suid Afrika bied gekwalifeerde seksuoloë egter reeds baie ander suksesvolle behandeling. Jy hoef nie te wag vir die sogenaamde ‘towerstaf’ om iets aan jou lae libido te doen nie, maak werk daarvan ter wille van jouself en jou verhouding!

Die beste manier om jou seksuele begeerte en opwekking te verhoog is ʼn gesonde seksuele selfbeeld, seksuele kennis, sekspositiewe denke, gemak met jou lyf en ʼn intieme en gesonde verhouding. Vrouens wat op seksuele gebied selfvertroue het is meer geneig om seks te wil hê en dit te geniet!

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV