“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Selfondersoek – aangename kennis lyf!

Dr Ettienne Kok stel dit so mooi wanneer hy sê: “Jy kan nie die pad erens heen navigeer as jy nie die pad al voorheen gery het nie.” ‘n GPS vir jou lyf bestaan ook nie, want jòù lyf is uniek! Daarom kan mens verskillende tegnieke gebruik om jou lyf, hoe hy werk en lyk te leer ken, maar net jyself sal in die motor moet klim en die reis moet onderneem. So kan jy al die afdraaipaadjies, stilhouplekke, piekniekplekke en uitsigte ontdek. Die grootste fout wat vrouens maak is om te dink dat hul mans mos net moet wèèt hoe om hulle seksueel te vervul. Hy kan nie weet wat vir jou lekker is, as jy nie self weet en hom vertel en wys nie! Mans kan ongelukkig nie gedagtes lees nie en dit is waarskynlik ‘n genade!
Hoe pak jy dus nou hierdie reis aan?
1. Jy gaan nie jaag nie! Jy gaan rustig jou tyd moet vat, en teen jou eie pas moet beweeg.
2. Jy gaan ontspan, en diep asemhaal wanneer daar ‘n slaggat in die pad verskyn.
3. Jy gaan die draaie in die pad antisipeer en stadiger ry wanneer nodig.
4. Jy gaan soms moet rem trap en soms gaan jy wil voet in die hoek sit. Jy gaan dus leer om na jou eie lyf en sy behoeftes te luister.
5. En die belangrikste van alles wat jy in jou tas vir die reis moet pak is speelsheid, humor en die doel om dit te geniet!

Baie vrouens is glad nie in kontak met hul lyf en seksuele menswees nie. Seks is nie ‘n plig nie, maar ‘n geskenk van genot! ‘n Gratis manier om te ontspan en sielsvlak kommunikasie met jou maat te ervaar.
Jy gaan dus moet leer om in seksuele en sensuele bewustheid te lewe. Nie net wanneer jy vannaand na ‘n lang dag in die bed klim nie, maar daagliks en deurentyd. Dit is dus nodig om ten volle ‘in jou lyf’ te wees en te begin luister na wat jou lyf vir jou sê. Daarom is alleen en stiltye soms nodig omdat ons andersins deur die sleur van die lewe meegesleur kan word.
So om in seksuele bewustheid te begin lewe is die belangrikste punt dat jy gemaklik raak met JOU lyf en hom onvoorwaardelik aanvaar! Daar bestaan nie ‘n perfekte lyf, plat maag, ferm borste en geen rekmerke nie. Hei, onthou jy het geleef, dalk kinders gehad. Wees realisties. Staan kaal voor die spieël, KYK na jouself, rustig en stadig en haal diep asem. Ons is mos nooit tevrede nie. Daar is altyd iets wat mens wil verander. Goed en wel, ons kan daarna streef om gesond en goed versorg te wees, maar fokus ook op al jou goeie eienskappe. Dalk het jy besondere mooi oë of hande ens. Dink ‘n bietjie wie het vir jou negatiewe boodskappe oor jou liggaam gegee, en wat daardie boodskappe was? Skryf dit dan op ‘n stukkie papier en verbrand die leuens!
Wees dankbaar vir jou liggaam wat jou tot soveel dinge instaatstel en hou op om so krities te wees oor jouself en om jouself te vergelyk met die modelle in tydskrifte. Selfs hierdie modelle staan op met deurmekaar hare en het rekmerke. Gee vir jouself positiewe bevestigings oor jou liggaam daagliks en gereeld. Iets soos: “Ek is ‘n pragtige geseënde kind van God – ek is uniek en beeldskoon geskape”; “Ek is ‘n pragtige sensuele vrou” jy gaan dalk voel of jy die kluts kwyt is, maar vertrou my, hoe meer jy op die positiewe fokus hoe makliker gaan jy dit REGTIG begin glo.
Elke vrou se liggaam is ‘n wonderwerk, is pragtig, sensueel en sag. Dit is hoe God ons geskape het. En die oomblik wat jy dit regtig begin glo begin jy met selfvertroue leef en word jou seksualiteit as deel van jou menswees geïntegreer.
Daar bestaan ‘n mite dat alle vrouens se geslagsorgane dieselfde lyk. En gewoonlik het ons ook die boodskap gekry: “Dit is ‘n plekkie ‘doer onder’ wat sleg ruik, proe, lelik is en liefs van vergeet moet word”. Die waarheid is egter dat alle vrouens se geslagsorgane anders lyk. Amper soos wat mense se gesigte anders lyk, almal het ‘n mond, oë, en ‘n neus maar lyk tog verskillend. Jou vagina, ruik, proe en lyk soos ‘n vagina. En ‘n vrou se genitalië hou daarvan as daar aan gevat word en aandag gegee word. Gaan sit dus op jou bed of bad se rant. Vat ‘n handspieël en ontdek jou eie unieke geslagsorgane.

Die uiterlike of sigbare deel van die vroulike geslagsorgaan word die vulva genoem. Dit bestaan uit die klitoris, die labia en die vaginale opening.
Pubiese hare bedek die area van beskermende weefsel oor die pubiese been wat die mons genoem word, wat bo-oor die uitwendige genitalieë lê. Hierdie area is ryk aan senuweepunte en druk of streling van hierdie area kan tot seksuele stimulering lei. Onder die mons is twee flappe wat bo met ‘n omgekeerde “V” bymekaarkom. Hierdie word die buite skaamlippe of labia majora genoem. Indien hierdie lippe sagkens oopgemaak word, sien mens twee lippe aan die binnekant – die labia minora. Die labia minora beskerm die vaginale opening en die vagina.

Bo waar die labia minora bymekaar kom, lê ‘n kappie-agtige struktuur, genaamd die klitorale huid wat die klitoris beskerm. Die klitoris is die enigste orgaan in die menslike liggaam wat alleenlik vir plesier geskape is. Die klitoris strek ongeveer nege sentimeter diep die liggaam in. Die klitoris is twee keer meer sensitief as die penis, en bestaan uit ongeveer 8000 senuweepunte. Die sensitiefste area op die klitoris is gewoonlik tussen twaalf- en drieuur. Maar ons is almal uniek. Eksperimenteer met verskillende tegnieke om die klitoris te stimuleer.

Die mees sensitiewe area op die klitoris – tussen twaalfuur en drieuur

Net onderkant die klitoris is ‘n smal opening, die uretrale opening, waardeur jy urineer. Onder die opening na die blaas lê die vaginale opening. Die vagina is ‘n spieragtige kanaal wat van die uterus na die buitekant van die liggaam lei, en teen ‘n hoek van 45 grade diagonaal gedraai is. Wanneer ‘n vrou nie seksueel opgewek is nie, is die lengte van die vagina ongeveer 7,5 sentimeter. Dit is heelwat minder as die lengte van die gemiddelde penis (15-18 sentimeter). Maar wanneer die vrou seksueel opgewek word, sit die vagina op die mees ongelooflike wyse uit tot ongeveer ‘n lengte van 17-18 sentimeter. Die onderste wand van die vagina by 6 uur is dikwels ook baie sensitief .

Die sensitiewe area van die vagina is aan die onderste binnewand by sesuur


Die vagina kan soos ‘n ballon van vorm en grootte verander. Die buitenste derde van die vagina kan willekeurig beheer word deur middel van die bekkenvloerspiere.

Die perineum is die haarlose area van vel tussen die onderpunt van die labia en die anus. Hierdie area is dikwels baie sensitief vir aanraking, en stimulering van die perineum kan tot seksuele wonderlike seksuele opwekking lei.
Verskeie navorsers en seksuoloë verskil oor die feit of die G-kol bestaan of nie. Wat wel algemeen aanvaar word is dat vroue verskillende sensitiewer areas in hulle vagina het. Sommige vroue is wel van mening dat hulle ‘n sensitiewer area (die G-kol) aan die boonste binneste wand van die vagina kan voel. Indien jy na die vagina soos ‘n horlosie kyk sal jy die G-kol aan die binneste boonste wand van die vagina by twaalfuur vind. Aangesien die uretra net agter hierdie area is, kan sommige vroue met die stimulering van die G-kolarea die behoefte kry om badkamer toe te gaan. In die lig hiervan is dit die beste om die G-kol eerder indirek te stimuleer met twee vingers op elf- en eenuur.

Stimuleer eerder die G-kol indirek by elf- en eenuur


Die vroulike borste kan ook as deel van die seksuele organe gesien word. Die meeste mans vind die vroulike borste seksueel stimulerend, en stimulasie van die borste is op sy beurt ook vir die meeste vroue stimulerend.

Die borste bestaan hoofsaaklik uit vetweefsel met melkkliere wat daardeur loop tot by die tepels. Die grootte van die borste het geen invloed op die mate van seksuele stimulering wat ‘n vrou kan ervaar nie. Die areola is die donkerkleurige gedeelte wat die tepel omring. Die areola is uiters sensitief vir aanraking en seksuele stimulasie. Die tepel bevat baie senuweepunte en is dus ook baie sensitief vir seksuele stimulering. Die meeste vroue vind dat dit baie stimulerend as die tepel sagkens gelek en gesuig word.

As jy nou kennis gemaak het met jou vulva, kan jy die motor aanskakel en die reis begin. Nou weet jy mos waarheen jy oppad is, al is jy dalk nie so seker watter pad is die beste om te ry nie. Kies hierdie keer die ‘scenic’ route en nie die kortste pad nie.
Dit is ‘n mite dat net mans masturbeer. Dit is die beste manier om jou lyf te leer ken en te leer verstaan. Jy hoef nie skuldig te voel nie, en dit is makliker as wat jy dink – en jy gaan dalk verras wees met die nuwe plekke, sensasies en gevoelens wat jy ontdek.

Hoe doen ek dit?
1. Ontspan
2. Sorg dat jy privaatheid het
3. Skakel jou selfoon af
4. Fokus op jou lyf
5. Gebruik jou hande, jou vingers, ‘n vibrator, kussing of enigeiets waarmee jy gemaklik voel
6. Gebruik een of albei hande en wissel dit af
7. Gebruik verskillende tegnieke. Net een vinger of meer vingers, op-af, vorentoe, agtertoe, stimuleer die klitoris maar voel ook hoe dit voel om die vibrator of vingers in die vagina te plaas. Ondersoek die binne-kant van die vagina, is daar areas wat meer sensitief as ander is?
8. Moenie vergeet om jou borste en tepels te stimuleer nie. Van watter tipe aanraking hou jy die meeste?
9. Natuurlik help dit nie jy doen al hierdie dinge en dink aan die tien goed wat jy nog voor more wil doen nie. Jy moet fantaseer. Ja, jy mag! Dink aan ‘n sensuele of seksuele ervaring wat al vir jou gewerk het. Watookal jy gemaklik mee voel maar jou kop gaan ook gefokus moet wees op seksualiteit. Raak nou bewus van wat met jou lyf gebeur. Haal jy dieper asem, voel jy ‘n warm gevoel, raak jou spiere gespanne, wat gebeur as jou heupe beweeg of as jy jou bene toeknyp?

Geniet die reis en onthou om al die nuwe ontdekkings met jou maat te deel

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV