“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Oud maar nog lank nie koud –Vir vrouens

Elsabe is 69. Sy is enkellopend en het ‘n behoefte aan ‘n seksuele verhouding. Sy het twee mans op ‘n internet ‘dating site’ ontmoet en wonder of haar behoeftes ‘paslik’ is en of sy nie maar net ‘’n horny ou vrou’ is nie.

Seksuele behoeftes verdwyn nie net as ‘n vrou menopause bereik nie. Ons bly seksuele wesens tot die dag wat ons ophou asemhaal. Seksuele behoeftes is dus normaal ongeag jou ouderdom. Natuurlik is dit belangrik om te onderskei tussen die behoefte om ‘n maat te hê, gekoester te word en emosionele intimiteit te ervaar en bloot net ‘n fisiese behoefte.

Indien dit net ‘n fisiese behoefte is, is dit waarskynlik veiliger om eerder self daardie behoefte te bevredig deur masturbasie met of sonder ‘n seksuele hulpmiddel soos ‘n vibrator. Om in ‘n seksuele verhuding met iemand betrokke te raak sal noodwendig emosies en verwagtinge laat ontstaan waarvoor jy dalk nie kans sien nie. Erkende seksuoloë het dikwels op hul webtuistes seksuele hulpmiddels wat aanbeveel word.

Indien daar egter wel ‘n behoefte is aan ‘n emosioneel en seksuele intieme verhouding kan ‘n verhouding met iemand spesiaal natuurlik gesond wees. Dit bly wel noodsaaklik om ‘veilige seks’ te beoefen (ken die status van jou en jou maat in terme van seksueel oordraagbare siektes) en gebruik altyd ‘n kondoom.

Die kwaliteit van wat in die slaapkamer gebeur hang nouliks saam met die kwaliteit van die verhouding buite die slaapkamer. Dit is belangrik om emosionele intimiteit, veiligheid, stabiliteit en ‘commitment’ te ervaar.

Soos ‘n vrou ouer word en veral post-menopausaal is daar ‘n verlaging in haar estrogeenvlak. Dit gaan gepaard met vaginale droogheid en ‘n verdunning van die vaginale wande en atrofie van die vagina. Dit kan ongemak of pyn tydens penetrasie tot gevolg hê. Dit is belangrik dat ‘n vrou se hormoonvlakke getoets word en indien nodig dat sy hormoonvervangings terapie sal kry. Gebruik ook altyd ‘n goeie silikon gebasseerde smeermiddel wat jy by ‘n apteek gekoop. Pjur is die beste maak en kan by ‘n goeie seksuoloog bestel word.

Sommige vrouens ervaar wel dat hul seksdrang met die jare afneem. Gesels met jou maat daaroor. Besoek ‘n seksuoloog of mediese dokter om moontlike mediese en/of emosioneel sielkundige oorsake aan te spreek. Vermy oor die toonbank produkte wat beweer dat dit seksuele begeerte of funksionering verhoog. ‘n Gebrek aan seksuele begeerte word dikwels veroorsaak deur ‘n mediese toestand (bv diabetes en hormoonprobleme, chroniese medikasie, die voorbehoedpil, depressie, angstigheid, lae self- en liggaamsbeeld, seksuele trauma in die verlede, onvermoë om orgasme te bereik, pynlike seks en probleme binne die verhouding.

Daar is bewys dat ‘n gesonde sekslewe kwaliteit van lewe verhoog en algemene gemoeds- en fisiesegesondheid bevorder. Die slotsom: Geniet seks met oorgawe ongeag hoe oud jy is

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV