“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Selfvertroue in die bed

Dit is belangrik om vanuit die staanspoor te erken dat ‘n gesonde sekslewe in ‘n verhouding baie belangrik is. Dit is iets waarna gestreef moet word, en dit is iets waaraan ons baie beplanning, aandag en tyd behoort te skenk. Hoekom, mag jy vra? Omdat ‘n gesonde seksuele verhouding die sement is wat jou verhouding sterk en gesond hou. Dit lei ook tot groter emosionele intimiteit en die belangrike gevoelens van nabyheid, omgee en liefde vir mekaar. Seks kan alles verander. Jou seksuele begeerte na jou maat het ‘n diepgaande invloed op sy selfvertoue in alle fasette van sy lewe. Seks vervul ook ‘n kragtige emosionele behoefte. Dit laat veral jou maat bemin en begeer voel op ‘n manier wat min ander dinge kan regkry. Dit sê vir hom dat jy HOM begeerlik vind, en dat HY en SY behoeftes vir jou prioriteit is.

Dikwels kla mans in my spreekamer dat hul vrou hul nooit seks weier nie, maar dat dit nie vervullend is nie, omdat sy dit bloot ‘ter wille van’ doen, en nie aktief deelneem nie. Dit laat die man steeds emosioneel leeg voel.

Hou in gedagte dat wat hy die graagste wil hê, is dat jy hom sal begeer. As jy bloot instem tot seks, maar nie daadwerklik betrokke raak nie, kry hy die boodskap dat hy nie in staat is om jou seksueel te prikkel of te bevredig nie. Hy ervaar dus ‘n groot stuk verwerping.

Dit gaan dus nie regtig oor 101 nuwe tegnieke of van die kandelaar af swaai nie, maar oor die feit dat hy nodig het om te weet dat jy seks met HOM geniet en ‘n behoefte daaraan het. Dit is belangrik vir sy ego en selfvertroue. Dit vergemaklik ook kommunikasie en intimiteit op emosionele vlak – en dit is tog dikwels waarna ons vroue hunker. Maak dit dus vir julle albei makliker.

Wenke om ‘n tier in die bed te word:

 Vergeet hoe jy lyk. Jou hare kan maar deurmekaar raak, en hy sien nie die ekstra kilogram om jou heupe nie. Hy dink net: “My vrou vir wie ek lief is, wat MY begeer”.
 Bevredig hom op die manier wat hy nodig het, en op die manier waarvan hy hou. Kommunikeer dus oor julle seksuele behoeftes.
 Reageer op sy toenadering met jou volle emosionele betrokkenheid.
 Wees aktief betrokke. Moenie net op jou rug gaan lê, en verwag hy moet die werk doen nie.
 Eksperimenteer met verskillende posisies.
 Skerp jou orale seks tegnieke op. Orale seks is een van die beste maniere om jou man seksueel te bevredig. Dit is ‘n geskenk. Hy kan terug lê, ontspan en visueel toekyk hoe jy hom na nuwe hoogtes aanspoor.
 Wees verbaal. Sê vir hom of wys hom, as hy iets doen wat jy geniet.
 Sit die humor en pret terug in jul sekslewe. Eksperimenteer met seksuele hulpmiddels om die vonk weer terug te sit.
 Wees prettig, dink aan iets soos ‘n afstandbeheerde vibrator om saam te gebruik om saam seksuele pret te hê.
 ‘n Tier, wys soms kloue. Wees soms ‘n bietjie meer aggressief in die bed en nie net ‘n sagte bolletjie baba kat wat spin as sy gevryf word nie.
 ‘n Tier kan brul! Moenie bekommerd wees om geluide te maak nie. Dit kan die liefdesvlam net verder aanvuur.
 Wees onvoorspelbaar. Wees soms bietjie wild en anders. Dra sexy onderklere en verras hom met jou nuwe haarstyl. Hy moenie altyd weet wat om van jou te verwag nie.
 Werk aan jou negatiewe persepsies oor seks. Dit is ‘n mite dat net ‘slegte meisies’ seks geniet en die voortou in die bed neem.
 Raak seksueel ge-emansipeerd. Jy mag en behoort ook seksuele vervulling te ervaar.
 Kommunikeer ook jou behoeftes op seksuele gebied aan hom. Sê vir hom wat jy wil hê, en wat jy ervaar.
 Om ‘n tier in die bed te wees, is nie benede jou nie.
 Hy gaan nie more minder van jou dink, of minder respek vir jou hê as jy vannaand ‘n tier was nie.
 Soek soms eerste toenadering.
 Wees kreatief, in die slaapkamer, en kombuis en sitkamer…
 Inisieer seks op kreatiewe maniere.
 Fokus jou aandag en passie in die bed op jou maat.
 Maak seks ‘n prioriteit en beplan daarvoor.
 Is die baie ander dinge op jou prioriteitslys, regtig so belangrik? Maak jou man en julle sekslewe vir ‘n verandering prioriteit
 Leer om mekaar se liefdeseine reg te lees, en wees op mekaar ingestel.
 Onthou seks is ‘n proses. Fokus dus daarop om gereeld deur klein dingetjies wat jy vir hom doen, te wys dat jy hom ag.
 Gee hom erkenning, ook deur gereelde fisiese aanraking. Dit hoef nie altyd net seksueel van aard te wees nie.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV