“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Hoe om intensiteit van orgasme te verhoog vir mans

Mans se ervaring van orgasme is uniek en individueel. Meeste mans sal ook verras wees om te hoor dat orgasme en ejakulasie nie dieselfde ding is nie. Dit is ook vir mans moontlik om multi-orgasmies te wees. Daar is ‘n paar tegnieke wat die intensiteit van orgasme kan verhoog:

1. Stel die orgasme so lank as moontlik uit
Hoe langer die opbou tot seks en hoe langer stimulasie plaasvind, hoe meer seksuele spanning is teenwoordig wat tydens die orgasme ontlaai word. Dit verhoog die intensiteit van die orgasme.

2. Doen oefeninge om spierbeheer te verbeter
Sodoende is jy instaat om jou orgasme te beheer en die tydsbereking te vervolmaak. Staan met voete uitmekaar, probeer testikels na maag trek. Herhaal so dikwels as moontlik. Staan voete uitmekaar en beweeg penis links, regs, op en af.

3. Prostaat stimulering
Die prostaat is dikwels die man se vergete seksorgaan, omdat dit weggesteek is aan die bo-punt van die anale gang. Stimulering van die prostaat alleenlik kan ‘n man tot orgasme bring. Die prostaat kan met die finger gestimuleer word en kan gevoel word as ‘n ferm, okkerneut-grootte orgaan.

4. Stimuleer die perineum en testikels
Die perineum (die area tussen die penis en die anus), sowel as die testikels is belangrike erogene sones.

5. Gebruik jou verbeelding
Dink sensuele gedagtes en fantaseer.

6. Vermy alkohol, tabak en dwelmmiddels
Hierdie substanse kan seksuele plesier en prestasie negatief beïnvloed.

7. Verhoog spiertones van die penis
Doen Kegel oefeninge. Hierdie oefeninge is ontwikkel om die bekken-vloerspiere te versterk. Identifiseer hierdie spiere deur jou te verbeel dat jy die vloei van uriene probeer stop. Trek hulle so styf as moontlik saam, en ontspan. Mik daarna om die kontraksie vir 10 seksondes te hou. Werk op na ongeveer 12 repetisies. Doen hierdie oefening so gereeld as moontlik.

8. Gebruik genoeg en hoë kwaliteit smeermiddel
‘n Gladde penis is onmiddelik meer sensitief en stimulasie word verhoog. Gebruik silikongebasseerde smeermiddel.

9. Eksperimenteer met die “pulsar” tegniek
Hierdie tegniek verhoog die sensasie van orgasme, en word gedoen tydens ejakulasie. Hou die penis, by die kop, met twee hande vas. Druk sagkens, hou vir ‘n sekonde en ontspan. Herhaal. Die kuns is om die ritme van die ejakulasie na te boots.

10. Probeer om slegs in een uit drie liefdemaak sessies te ejakuleer
Die gevolg is dat jy sodoende intense en aardskuddende orgasmes
sal hê.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV