“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

‘Oud’ maar nog lank nie koud! – Vir die manne

Tom is 76, sy vrou 71 en hulle is gesond en aktief. Sy erektiele disfunksie (ED) is vir hulle albei frustrerend.

Tom is bewus van al die belowende advertensies, van rome en gels tot pille wat klipharde ereksies, penisvergroting en ure lange ereksies belowe en wil weet of hy dit kan beproef. Hy het ook al iets by die apteek gekry wat hom net naar gemaak het.

Die kort antwoord is: Bly weg van enige iets wat nie deur ‘n mediese dokter wat by die HPCSA geregistreer is, voorgeskryf is nie. Daar is nie net nie kwaliteitsbeheer ten opsigte van hierdie produkte nie, in die meerderheid van gevalle werk dit nie en kan dit selfs lewensbedreigend wees.

Ons word gebore en sterf as seksuele wesens. Mens is nooit te oud vir seks nie. Seksuele respons ondergaan egter wel sekere veranderinge soos mens ouer word. Dit is baie makliker om by hierdie veranderinge aan te pas indien jy bewus is daarvan en dit as ʼn normale deel van die lewe aanvaar. Soos ʼn man ouer word, vind hy gewoonlik dat hy meer direkte, fisiese stimulasie van die penis nodig het om ʼn ereksie te kry en dat ʼn blote erotiese gedagte nie meer al is wat nodig is nie. Baie mans ervaar “sagter” ereksies wat nie noodwendig so lank duur as tevore nie. Daar is ook ʼn langer refraktoriese fase (die herstelfase wat nodig is, voor hy ʼn volgende ereksie kan kry

Fisiese uitdagings en die normale proses van veroudering hoef nie noodwendig ʼn demper op ʼn mens se sekslewe te plaas nie. Dit kan inteendeel, as jy na jou liggaam en jou maat luister, ʼn hele nuwe wêreld oopmaak. Gewoonlik leer mens jou liggaam aanvaar soos jy ouer en wyser word en is mens ook meer in voeling met jou liggaam se eiesoortige seksule response. Dit baan die weg vir uitbreiding van jou emosionele en fisiese response tot die seksuele. Daar kan geeksperimenteer word met sensuele massering, orale seks en enige seksuele aksie wat nie net gefokus is op die einddoel van penetrasie en orgasme nie. Gesamentlike of solo-masturbasie kan ook ‘n belangrike hulpmiddel wees om jou veranderende liggaam beter te leer ken. Indien julle moeg is en min energie in die aand het, oorweeg dit om seks in die oggend te hê, of as jou spiere en gewrigte styf is in die oggend oorweeg om seks in die middag te hê. Indien dit nodig is om medikasie te gebruik wat ʼn invloed op jou seksuele respons het, mag dit help om seksueel te verkeer so ver as moontlik van die tyd af wat die medikasie geneem is. Byvoorbeeld in die oggend net voor die volgende dosis geneem word. Dit is bewys dat die kwantiteit en die kwaliteit van die seksuele verhouding nie noodwendig hoef af te neem hoe ouer ʼn mens word nie.

Probleme om ʼn ereksie te kry en te behou is baie algemeen. 1/10 mans het ED. Seksuoloë sien ook toenemend jonger mans wat ED het. Baie mans skryf dit doodgewoon toe aan ouderdom maar onlangse navorsing het die erns van EDerektiel beklemtoon. Dit kan aanduidend wees van ernstige kardio-vaskulêre probleme, soos ‘n hartaanval, binne 3-5 jaar. Dit is dus noodsaaklik dat ED in ‘n ernstige lig beskou word.

Die oorsake van ED is veelvoudig. Mediese (organiese) probleme is dikwels ter sprake. Onder meer siektetoestande soos diabetes, depressie, hartvatsiektes, hoë cholesterol en prostatitis (infeksie van die prostaat). Neurologiese probleme soos ‘n spinale besering, radikale prostatektomie of pelviese chirurgie kan veroorsaak dat boodskappe van die brein nie deur die penis ontvang word nie. Sekere chroniese medikasie soos die vir depressie, hoë cholesterol, ‘n maagseer, kalmeermiddels, gewigsbeheer medikasie en anti-hipertensie middels (vir hoë bloeddruk) kan nadelig wees.

Dit is uiters belangrik dat ‘n man se testosteroonvlak gereeld getoets word en dat indien hy ouer as 40 is hy jaarliks vir ‘n algemene ondersoek gaan en prostaatgesondheid ge-evalueer word. Indien ‘n man ‘n lae testosteroonvlak het (gewoonlik laer as 12 nmol/L), kan dit aanduidend wees van Testosteroon Gebrek Sindroom (TGS).

Simptome van TGS:
• Erektiele Disfunksie
• Gebrek aan seksuele begeerte (libido wat afneem)
• Lae energievlak
• Depressie
• Haar verlies
• Spiermassa verlies
• ‘n ‘Boep’

Navorsing dui verder aan dat mans met ‘n lae testosteroonvlak nie so lank leef soos mans met normale testosteroonvlakke nie.

Natuurlik kan ED ook verband hou met emosioneel sielkundige faktore soos depressie, spanning, presteringsangs (hoe meer gespanne en bekommerd jy is dat jy dalk nie in staat sal wees om ʼn ereksie te kry nie, hoe groter is die kans dat jy wel probleme sal ondervind asook verhoudingsprobleme.

Ongeag die oorsaak van erektiele disfunksie, het dit ʼn beduidende invloed op die kwaliteit van lewe. Probleme om ʼn ereksie te kry frustreer dikwels die man en sy maat. Dit kan ook ‘n negatiewe impak op selfbeeld, die verhouding en gemoedstoestand hê. Dit is uiters noodsaaklik dat gevoelens hieroor met mekaar gedeel sal word. Vrouens voel dikwels ontoereikend en bevraagteken hul vermoë om die man seksueel op te wek. Dit kan seksuele disfunksies by haar laat ontstaan. Vandag is daar ‘n verskeidenheid van behandelingsmetodes vir ED afhangende van die onderliggende oorsake. Dit sluit vakuumpompe, testosteroon vervangingsterapie, psigoterapie,seksterapie asook medikasie (‘n verskeidenheid van PDE5 inhibeerders) wat deur ‘n dokter voorgeskryf kan word, in. Erektiele disfunksie kan suksesvol behandel word. Gesels met jou dokter of ʼn seksuoloog hieroor.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV