“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

20 Maniere waarop ‘n vrou haar huwelik kan superglu

Daar is ‘n gesegde wat sê dat daar in elke huwelik wat meer as ‘n week oud is, gronde vir egskeiding is. Die kuns is egter om deurgaans die gronde vir die huwelik te vind! Hier is ‘n twintig maniere om jou te help om jou huwelik te superglue, daardie gronde vir die huwelik uit te bou en te sorg dat jy jou man se nommer 1 keuse bly!

1. WEES POSITIEF
Die huwelik is soos ‘n duikboot. Dit is nét veilig as jy al die pad inklim. Daarom is dit belangrik dat jy positief sal wees oor jou man en jou huwelik. Hou op kritiseer en by jou vriendinne kla oor al jou behoeftes waaraan nie voldoen word nie. Kweek ‘n positiewe gesindheid aan en kry vir jouself positiewe bevestigings wat jy daagliks herhaal bv: “Ek het ‘n gelukkige en gesonde huwelik”, “Ek het ‘n wonderlike man, wat my onvoorwaardelik lief het”. So sal jy dit begin glo, en ook so begin leef, gou sal die energie in die huwelik skuif en jy sal verbaas wees oor die positiewe resultate!

2. BEGIN BY JOUSELF!
Jy maak ‘n fout as jy dink dat jy hom kan verander. “As ek hom net kan leer om meer emosioneel te wees, sal alles regkom”. Joyce Meyer stel dit so mooi: “ If we would stop treating each other the way we feel like treating each other, and start preferring one another the way God tells us to, we would see God’s blessing come into our lives”. Begin dus by jouself. “Wat kan ek verander? Hoe kan ek verander om meer aan sy behoeftes te voldoen?” Sodoende ontwikkel nuwe passies in die dans van intimiteit en kort voor lank sal jy sien daar word ook meer aan jou behoeftes voldoen.

3. KIES OM JOU MAN ONVOORWAARDELIK LIEF TE HÊ
Liefde is nie ‘n gevoel nie, maar ‘n keuse. Louis Malherbe het gesê: Voor jy getroud is kan jy kies wie jy lief het, na jy getroud is moet jy lief hê wie jy gekies het! Onvoorwaardelike liefde beteken egter om hom lief te hê, net soos hy is. Met al sy foute en tekortkominge. Voetstoots! Hierdie onvoorwaardelike liefde impliseer dus onvoorwaardelike aanvaarding. Ek hoef jou nie 100% te verstaan om jou 100% lief te hê nie. Hy mag wees NET soos hy is. Jy het hom lief ondanks sy moontlike tekortkominge in jou oë. Julle verskil, julle mag maar verskil, verskille is nie noodwendig goed of sleg, of reg of verkeerd nie. Maar net verskillend. Hoe meer jy leer om die man in jou lewe te verstaan, hoe beter kan jy hom ondersteun en liefhê op die manier wat hy nodig het om liefde te ontvang.

4. VIER JULLE HUWELIK – ‘MAKE MEMORIES’!
Dit is so belangrik om julle huwelik deurgaans te vier, en nie net een maal per jaar met julle huweliksherdenking te gaan uiteet nie.Dit is die spesiale tye tussenin, die gesteelde tye saam, die gereelde blyke van waardering vir mekaar wat julle deurgaans sal herinner wat julle saam het en aan julle spesiale verbintenis tot mekaar.

Idees om jou huwelik te vier

 Vertel mekaar hoekom julle lief is vir mekaar
 Praat oor die toekoms
 Gee ‘sommer-net”geskenkies
 Hou ‘n seks dagboek
 Onthou die klein dingetjies
 Stel gereeld ‘n heildronk in op mekaar en jul huwelik
 Laat foto’s neem
 Praat oor ongewone onderwerpe
 Rituele is belangrik – speel gereed “julle”liedjie of kyk na flieks wat julle gekyk het toe julle uitgegaan het.
 Gaan saam kyk na julle slapende kinders
 Plant iets saam – en kyk hoe dit groei, soos julle verhouding ook groei

5. LUISTER AKTIEF NA HOM – MAAR MOENIE AANHOUDEND DERMS UITRYG NIE
Die belangrikste plig in die huwelik is om te luister.”The most important marriage skill is listening to your partner in a way that they can’t possibly doubt that you love them” Dit beteken dat hy sal VOEL dat jy na hom luister. Wees dus soos ‘n spiëel wat terugkaats wat jy hoor hy sê, ook die gevoel agter die woorde en so kry hy die gevoel dat hy belangrik is en jy regtig waarde heg aan wat hy sê. Maar derms uitryg is uit! Laat ook ruimte vir privaatheid en individuele verskille. Vra jouself altyd of die bedoeling goed was en indien wel, aanvaar dit so.

6. WEES VASGEPLAK AAN MEKAAR, MAAR TOG ONAFHANKLIK
Jy moet altyd jou eie identiteit behou en eers as jy as mens onafhanklik kan funksioneer kan jy afhanklik wees in die verhouding. Gee mekaar dus ruimte, doen soms julle eie ding, maar doe nook dinge saam wat vir julle albei lekker is. Spandeer tyd aan mekaar.

7. RESPEKTEER HOM
Diep binne elke man is ‘n hero. Hy wil meer as enige iets sy vrou kan beskerm en gelukkig maak. Hy het dus nodig om te weet jy vertrou hom.
Moet dus nie probeer om sy gedrag te verbeter of hom vertel hoe om dinge te doen nie. Aanvaar hom bloot soos hy is. Moet bowenal nie sy ma probeer wees nie.Moenie retoriese vrae vra soos “Hoe kon jy dit gedoen het nie?” Shanti Feldhahn is van mening dat mans eerder alleen en ongeliefd sal voel as ontoereikend en geminag. Dit is juis omdat wanneer ‘n man voel sy vrou respekteer hom nie, hy dan inherent ook voel sy het hom nie lief nie. Dit is hoe belangrik respek vir die manne is! Hy wil voel jy respekteer hom onvoorwaardelik, ongeag hoe hy vaar in die lewe daarbuite of in die gesin. Respek is ‘n keuse, en jy moet dit wys. Sê dus gereeld vir hom hoe trots jy op hom is, hoe jy hom vetrou en hoe jy hom as man respekteer.

8. JUBEL EN JUIG EN GEE MEKAAR APPLOUS
Hou dit lig! Humor is uiters belangrik ook in julle verhouding. Moenie mekaar deurentyd onder die vergrootglas plaas nie. Veral ons vrouens kan soms baie krities wees. Laat die klein dingetjies klein bly en moenie dit verhef tot groot sake nie. Gee mekaar applous en erkenning. Bou mekaar op en fokus op die positiewe.

9. VIND GELUK IN JOUSELF
Een van die grootste foute wat ons maak is om te verwag dat ons huweliksmaat ons gelukkig moet maak. Baie onnodige konfliksituasies kan vermy word as ons besef dat ons nie kan verwag dat ons huweliksmaat ons gelukkig maak nie
Geluk kom uit jouself en is jou eie verantwoordelikheid:” Marriage isn’t supposed to make you happy, it’s supposed to make you married”

10. GEE HOM RUIMTE
Mans het nodig nodig om soms weg te trek (soos ‘n rubberrekkie) om dan weer skielik nader te kom.Dit is instink en natuurlik.Hy doen dit om sy outonomiteit te herbevestig en sy behoefte aan intimiteit te versterk. Ons noem dit die manlike intimiteit siklus. As jy as vrou hom dit nie toelaat nie, gaan hy meer en meer wegtrek, en soos jy al hoe nader kom gaan hy net meer en meer versmoor voel. Gun hom dus sy ruimte en sy alleen tyd. Jy doen joueself en jou huwelik ‘n guns as jy dit kan doen.

Hoe om punte te score by hom
 Elke keer as ‘n vrou waardering het vir iets wat ‘n man doen kry sy ‘n punt
 Dit gaan nie oor wat jy DOEN vir hom nie, maar oor HOE JY REAGEER op wat hy vir jou doen!
 Moet nooit sê: “Ek het jou mos gesê nie”
 Moet hom nie straf nie
 Moenie ‘n groot storie daarvan maak as hy verdwaal nie
 Aanvaar dit bloot as hy vergeet om iets te doen
 Verstaan as hy nie 100% jou emosionele behoeftes bevredig nie.
 As hy uit sy grot kom, groet vriendelik en moet hom nie kwalik neem nie
 Aanvaar sy verskonings met grasie
 Wees bly as hy by die huis kom
 Geniet seks met hom
 Moenie advies gee oor hoe hy ry of parkeer nie
 Deel negatiewe gevoelens sonder om te blammeer of te verwerp
 Mans word gemotiveer en bemagtig wanneer hulle voel hulle is NODIG.

11. GENIET SEKS MET HOM
Seks plak ons nie aan mekaar vas nie – dis ‘n ekstra lekkerte! Die heel belangrikste vir enige man op seksuele gebied is dat hy wil voel dat jy seks met hom geniet. Dat jy seks met hom WIL hê. Wees dus aktief betrokke in die slaapkamer.

12. BLY WEG VAN DIE GEBAANDE WEE
Wees oop vir nuwe dinge en eksperimenteer. Doen moeite om jou seksuele repertoire uit te brei en nuwe dinge te probeer.
Moenie in die spreekwoordelike groef verval wat julle sekslewe aanbetref nie. Koop ‘n boek of handleiding wat julle saam kan deurwerk. Leer hoe om ‘n skootdans te gee of koop vir julle ‘n nuwe seks speelding. Dit sal julle sekslewe weer nuwe woema gee, en hom laat besef hoe ‘n gelukkige man hy is.

13. VERLEI HOM
Doen moeite om een maal per week self seks op ‘n kreatiewe manier te inisieer. Jy hoef nie van die dak af te hang nie, vind iets waarmee jy gemaklik voel maar wat hom die idee gee dat jy nie kan wag om intiem met hom te wees nie.

14. VAT AAN HOM
Aanraking is die basis van die seksuele verhouding. Fokus dus ook op nie- seksuele aanraking. Leer om ‘n onvergeetlike rug of voetmassering te gee. Lê lepel in die bed en sit hou hand op sy knie as julle ver ry.

15. ONTDEK DIE SUIDELIKE HALFROND
Orale seks is vir baie vrouens ‘n taboe. Onthou egter jou idee van orale seks is dalk ‘n 11 of ‘n 12 op die skaal van 1-10. Dalk is daar is 2 of 3 op die skaal waarmee jy gemaklik voel. Orale seks is vir meeste mans die ‘ultimate’. Kommunikeer dus oor julle behoeftes hieroor en kyk of julle nie ‘n nuwe dimensie kan ontdek wat vir julle albei vervullend is nie. Onthou ook dat jy mag sê waarvan jy hou en nie hou nie, en indien jy besluit iets werk nie vir jou nie, is dit jou goeie reg.

16. RAAK HANDIG
Daar is baie tegnieke om jou man met die hand te stimuleer en weer nuwe vure van passie aan te steek. Eksperimenteer daarmee en laat jou lei deur sy reaksie.

17. LEER OM TE SPEEL
Ontdek weer die kind in jou en begin saam speel. Bou ‘n sandkasteel of gaan spring saam trampolien. Natuurlik kan jy vir julle ‘n speelgoedkas aanskaf met ‘volwasse speelgoed’ vir daardie ekstra hupstoot.

18. SEKS BUITE DIE SLAAPKAMER
Ontdek nuwe en interessante plekke om intiem te verkeer. Voor die kaggelvuur in die sitkamer, onder die sterre of op die strand. Wees ‘n bietjie wild en anders en vergeet van jou inhibisies.

19. LEER JOU SELF OP SEKSUELE GEBIED KEN
Wees gemaklik met jou seksualiteit en aanvaar jou lyf onvoorwaardelik. Weet wat jou seksueel stimuleer, waarvan jy hou en nie hou nie en kommunikeer dit aan jou maat. Jy kan nie verwag dat hy net moet weet wat jou stimuleer as jy dit nie met hom deel nie.

20. HOU OP STRES
Haal die druk van jouself af om te presteer. Wees jouself en geniet die oomblik. Leef bewustelik in die oomblik. Dit gaan oor jou intensie en die liefdevolle kommunikasie met mekaar. Nie oor 101 tegnieke of jou nr 10(of nie) lyf nie.

Daar is dus baie maniere om jou huwelik te superglue! Besluit sommer vandag nog hoe jy hierdie voorstelle in jou huwelik gaan implimenteer en teken dit in jou dagboek aan as dit nodig is. Begin vandag in jou huwelik belê, dit is nooit te laat nie.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV