“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Idees om jou verhouding te superglue!

1. WEES POSITIEF
‘n Verhoudings is soos ‘n duikboot. Dit is nét veilig as jy al die pad inklim. Daarom is dit belangrik dat jy positief sal wees end at die verbintenis tussen julle seker en veilig sal wees.

2. BEGIN BY JOUSELF!
Jy maak ‘n fout as jy dink dat jy hom of haar kan verander. Begin dus by jouself. Wat kan ek verander? Hoe kan ek verander om meer aan my maat se behoeftes te voldoen? Kort voor lank sal jy sien daar word ook meer aan jou behoeftes aandag gegee.

3. KIES OM MEKAAR ONVOORWAARDELIK LIEF TE HÊ
Liefde, op die lang duur is nie ‘n gevoel nie, maar ‘n keuse. Onvoorwaardelike liefde beteken egter om jou maat lief te hê, net soos hy/sy is. Voetstoots! Ek hoef jou nie 100% te verstaan om jou 100% lief te hê nie. Jy mag wees NET soos jy is. Julle verskil, julle mag maar verskil, verskille is nie noodwendig reg of verkeerd nie.

4. VIER JULLE VERHOUDING – ‘MAKE MEMORIES’!
Dit is so belangrik om julle verhouding deurgaans te vier, en om nie net een maal per jaar met julle herdenking te gaan uiteet nie. Dit is die spesiale tye tussenin, die gesteelde tye saam, die gereelde blyke van waardering vir mekaar wat julle deurgaans sal herinner wat julle saam het en aan julle spesiale verbintenis tot mekaar.

5. WEES VASGEPLAK AAN MEKAAR, MAAR TOG ONAFHANKLIK
Jy moet altyd jou eie identiteit behou en eers as jy as mens onafhanklik kan funksioneer kan jy afhanklik wees in die verhouding. Gee mekaar dus ruimte, doen soms julle eie ding, maar doen ook dinge saam wat vir julle albei lekker is. Spandeer tyd aan mekaar.

6. JUBEL EN JUIG EN GEE MEKAAR APPLOUS
Hou dit lig! Humor is uiters belangrik ook in julle verhouding. Moenie mekaar deurentyd onder die vergrootglas plaas nie. Laat die klein dingetjies klein bly en moenie dit verhef tot groot sake nie. Gee mekaar applous en erkenning. Bou mekaar op en fokus op die positiewe.

7. VIND GELUK IN JOUSELF
Een van die grootste foute wat ons maak is om te verwag dat ons verhoudingsmaat ons gelukkig moet maak. Baie onnodige konfliksituasies kan vermy word as ons besef dat ons nie kan verwag dat ons huweliksmaat ons gelukkig maak nie. Geluk kom uit jouself en is jou eie verantwoordelikheid.

8. GENIET SEKS MET MEKAAR
Seks plak ons nie aan mekaar vas nie – dis ‘n ekstra lekkerte! Vir ‘n man is dit dikwels baie belangrik om te weet dat die maat wat hý liefhet, seks met hóm wil hê – en dit geniet! Wees aktief betrokke in die slaapkamer. Eksperimenteer en hê pret. Gaan sien ‘n seksuoloog as julle sukkel tussen die lakens.

9. KOM UIT DIE GROEF
Wees oop vir nuwe dinge en eksperimenteer. Doen moeite om jou seksuele repertoire uit te brei en nuwe dinge te probeer. Moenie in die spreekwoordelike groef verval wat julle sekslewe aanbetref nie. Koop ‘n boek of handleiding wat julle saam kan deurwerk. Leer hoe om ‘n skootdans te gee of koop vir julle ‘n nuwe seksspeelding. Dit sal julle sekslewe weer nuwe woema gee.

10. VERLEI MEKAAR
Doen moeite om een maal per week self seks op ‘n kreatiewe manier te inisieer. Jy hoef nie van die dak af te hang nie, vind iets waarmee jy gemaklik voel maar wat jou maat begeer laat voel.

11. VAT AAN MEKAAR
Aanraking is die basis van die seksuele verhouding. Fokus dus ook op nie- seksuele aanraking. Leer om ‘n onvergeetlike rug of voetmassering te gee.

12. RAAK HANDIG
Daar is baie tegnieke om jou jou maat met die hand te stimuleer en weer nuwe vure van passie aan te steek. Eksperimenteer daarmee en laat jou lei deur jou maat se reaksie.

13. LEER OM TE SPEEL
Ontdek weer die kind in jou en begin saam speel. Bou ‘n sandkasteel of gaan spring saam trampolien. Natuurlik kan jy vir julle ‘n speelgoedkas aanskaf met ‘volwasse speelgoed’ vir daardie ekstra hupstoot.

14. SEKS BUITE DIE SLAAPKAMER
Ontdek nuwe en interessante plekke om intiem te verkeer. Voor die kaggelvuur in die sitkamer, onder die sterre of op die strand. Wees ‘n bietjie wild en anders en vergeet van jou inhibisies.

15. LEER JOU SELF OP SEKSUELE GEBIED KEN
Wees gemaklik met jou seksualiteit en aanvaar jou lyf onvoorwaardelik. Weet wat jou seksueel stimuleer, waarvan jy hou en nie hou nie en kommunikeer dit aan jou maat.

16. HOU OP STRES
Haal die druk van jouself af om te presteer. Wees jouself en geniet die oomblik. Leef bewustelik in die oomblik. Dit gaan oor jou intensie en die liefdevolle kommunikasie met mekaar. Nie oor 101 tegnieke of jou nr 10 (of nie) lyf nie.

Daar is baie maniere om jou verhouding te superglue! Begin vandag in jou verhouding belê, dit is nooit te laat nie.

Idees om jou verhouding te vier:

  • Vertel mekaar hoekom julle lief is vir mekaar.
  • Praat oor die toekoms.
  • Gee “sommer-net” geskenkies.
  • Hou ‘n seksdagboek.
  • Onthou die klein dingetjies.
  • Stel gereeld ‘n heildronk in op mekaar en jul verhouding.
  • Laat spesiale foto’s neem.
  • Praat oor ongewone onderwerpe.
  • Rituele is belangrik – speel gereeld “julle” liedjie of kyk na flieks wat julle gekyk het toe julle uitgegaan het.
  • Gaan saam en kyk na julle slapende kinders.
  • Plant iets saam – en kyk hoe dit groei, soos julle verhouding ook groei.
Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV