“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Rituele van gesonde verhoudings: Hoe maak ons dit werk?

Ons weet nou alreeds dat dit wat in die slaapkamer gebeur ‘n projeksie is van dit wat in die res van ons verhouding gebeur. Paartjies met ‘n gelukkige verhouding belê in gesonde gewoontes en rituele. Dit neem net 21 dae van repitisie om ‘n nuwe patroon vas te lê. Vandag op ‘n ligter trant: Praktiese maniere om jou verhouding te verryk. Begin sommer vandag nog!

1. Afsonderlike groei
Sorg dat julle elkeen ook julle eie lewe en vriendskappe het. So bring julle nuwe energie terug na die verhouding.

2. Hou hande vas
As julle langs mekaar sit, in die motor, om die braaivleisvuur of wanneer julle in die winkel stap. Wys ook dat julle vir mekaar omgee in die publiek. Wees bedag op mekaar se behoeftes. Al is dit net ‘n liefdevolle kyk. Jou maat het nodig om vertroetel te voel.

3. ‘n ‘Date night’ een maal per week is ononderhandelbaar

4. Doen elke dag iets spesiaal vir mekaar
Of dit nou ‘n bemoedigende sms is, ‘n spesiale briefie, gunsteling sjokolade of ‘n blom wat jy oppad huis toe iewers pluk. Dit sê net: ‘Jy is vir my spesiaal en ek het aan jou gedink’.

5. Kontak mekaar tenminste een maal per dag
So kan ‘n mens ‘n ‘temperatuur check’ doen en is jy bewus van wat in jou maat se dag gebeur om sodoende makliker die aand te connect.

6. Vertrou mekaar onvoorwaardelik

7. Lag saam
Humor is so belangrik. Wees soms net laf en doen dinge saam wat die binne-kind in elkeen van ons laat pret hê. Eet ‘n draai roomys, swaai saam of spring op ‘n trampolien of springkasteel. Speel met mekaar (ook seksueel).

8. Gee mekaar erkenning
Ek glo ons gee te min erkenning vir mekaar. Laat jou maat op ‘n stoel sit. Stap om haar en vertel vir 5 minute lank vir haar hoekom sy spesiaal is, van hoe sy lyk tot al haar talente en omgee vir ander. Dit is ‘n wonderlike en heilige geskenk wat ons mekaar en ook aan ons kinders kan gee.

9. Gaan saam bed toe
As julle bioritmes verskil maak dit nie saak nie. Gaan wel saam bed toe, koester mekaar, sê goeienag en dan kan die naguil weer opstaan.

10. Ontwikkel gedeelde belangstellings
Wees versigtig om verby mekaar te leef. Doen dinge saam wat julle albei geniet.

11. Vergewe maklik en vining

12. Fokus op dit wat mooi en goed is eerder as op die negatiewe

13. Soen, soen en soen

14. Sê: “Ek het jou lief, liefste lief”

15. Wees trots op jou maat

Onthou elke paartjie en verhouding is uniek soos ook elkeen se behoeftes en liefdestaal. Daar is natuurlik ‘deal breakers’ maar verbintenis (‘commitment), IN ALLES EN AL WAT is ononderhandelbaar. Die belangrikste is om te luister en om tyd te maak. Die daaglikse oorlewingstryd steel maklik ons tyd vir mekaar. Dagboek ‘verhoudingstyd’ soos jy ander afsprake dagboek. Wees meer geïnteresseerd as interessant, meer gefassineerd as fasinerend en sorg dat wat jy doen en sê altyd met die intensie van liefde en omgee geskied.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV