“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Seks na ‘n affair. Hoe gemaak?

Om fisiese intimiteit en die seksuele verhouding te herstel nadat daar ontrouheid was is moeilik. Vandag sien ons al hoe meer die verskynsel van mans wat masseersalonne besoek met ‘happy endings’ of vrouens wat webtuistes besoek en vir ‘no strings attached’ seks vra.

Die blote gedagte aan intimiteit nadat jy van ontrouheid bewus geword het, kan lei tot gevoelens van angs, onsekerheid, woede. Dit is ook so dat seksuele intimiteit dikwels meer intens en meer gereeld is na so ‘n trauma. Dit is waarskynlik as gevolg van die oer instink om dit wat ‘joune’ is te beskerm.

Daar is geen regte of verkeerde manier om seksuele intimiteit te hervat nie. Onthou, alle mense hanteer trauma op verskillende maniere en gewoonlik is daar eers ontkenning by albei maats en dan onderhandeling, hartseer, woede en uiteindelik aanvaarding.

Daar is gewoonlik baie vrae soos waarom, hoekom en presies wat het waar en wanneer gebeur. ‘n Paartjie kan nie die trauma van ontrouheid alleen hanteer nie en professionele hulp is belangrik. ‘n Verhouding kan sterker aan die anderkant uitkom maar dit hang af van hoe julle dit hanteer. Luister wel na jou ‘gut feel’ in terme van die hantering hiervan en besef dat albei van julle seer het.

Geen persoon moet ooit gedruk voel om weer seksueel te verkeer nie. Jy moet voel dat jou lyf en jou emosies reg is daarvoor. Die grootste fout wat ‘n paartjie kan maak is om in ontkenning te leef en te maak asof dit nie gebeur het nie, of dat die ontroue maat die ander maat se gevoelens afmaak of nie erkenning daarvoor gee nie. Die boodskap van ‘Hou nou op vrae vra, jy herinner my net daaraan, kom nou oor dit’, is fataal vir die genesingsproses.

Dit is belangrik (ongeag die aard en hoeveelheid van seksuele kontak) dat albei maats vir ‘n battery toetse vir Seksueel Oordraagbare Infeksies (SOI) gaan. Onder geen omstandighede kan seks hervat word daarsonder nie. Vandag is daar ‘n verskedenheid STI’s wat deur orale seks alleen oorgedra kan word. Albei moet ook vir die Menslike Papilomma Virus getoets word. Weet dus ‘n trouring beveilig jou NIE teen SOI nie.

Seksuele disfunksies soos ‘n verlies aan seksuele behoefte (hipo-aktiewe seksuele begeerte) probleme met seksuele opweking of die onvermoë om orgasme te kry is algemeen. Soms voel die lyf ‘dood’ of ‘gevries’ wat ‘n teken van trauma is.

Daar is ‘n verlies in terme van die prentjie wat julle oor julle huwelik gehad het. Ook kan die persoon wat die ander verhouding gehad het baie emosies van verlies in terme van die ander persoon ervaar. Dit is normaal as daar ‘n langer en emosioneel intieme verhouding was. Natuurlik is daar ook gevoelens van verwerping en ‘ek is nie goed genoeg’ by die maat nie. Dit is dikwels ‘n baie alleen pad.

Stappe na seksuele intimiteit:

• Besef julle gaan ‘n nuwe verhouding moet bou.
• ‘n Gesonde, postiewe en getroue seksuele verhouding is deel van daardie fondasie. Fokus op julle twee en nuwe seksuele intimiteit en verban enige beelde van jou maat tydens seks met iemand anders uit jou gedagtes.
• Fokus op die hier en nou. Julle het weer mekaar en die verhouding gekies.
• Beweeg weg van ‘wie was reg en wie was verkeerd maar vergewe mekaar en jouself. Gee en ontvang empatie.
• Begin weer voor met intimiteit. Hou hande vas, soen, druk.
• Begin bou aan vertroue. Daar kan nie seksuele intimiteit wees indien ek jou nie genoeg vetrou om weerloos by jou te wees nie.
• Hanteer seksuele disfunksies soos Erektiele disfunksie of gebrek aan begeerte of orgasme soos dit gebeur en kry professionele hulp.
• Kry individuele psigoterapie om deur jou eie seer en onsekerhede te werk.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV