“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Effektiewe Streshantertingsmeganismes

Stres is ʼn gegewene en deel van die realiteit van ons alledaagse bestaan. Stres is ook ʼn nodige element om ons maksimaal te laat funksioneer. Die ideal is egter om die stres wat ʼn mens noodwendig gaan ervaar reg te hanteer en optimal te benut. Hier is dus ʼn paar wenke om stress effektief te hanteer.

1. Bou “kussing” in jou lewe en in jou dag vir die onverwagse.
Dit beteken om jou dag 80% vol te boek en 20% spasie te laat vir die onverwagse krisis, of die onbeplande, soos ʼn kar wat breek of ʼn kind wat siek word.

2. Moenie die fout maak om te wag totdat jy ʼn paar ure spaar het, om af te skakel of te ontspan nie.
ʼn Breek kan ook beteken om 5 –10 minute stil te sit, met jou oë toe en diep en rustig asem te haal.

3. Moenie toelaat dat ander se stres jou stres word nie.
Neem verantwoordelikheid vir wat jy kan. Onthou mens kan nooit verantwoordelikheid vir ander se geluk of ongeluk neem nie. Indien iemand naby jou ongelukkig voel beteken dit nie noodwendig dat jy ook ongelukkig hoef te wees nie. Inteendeel, jy kan van meer waarde wees as jy self gefokus bly.

4. Vra vir hulp
As jy nie vra nie, sal jy nie kry nie. Ander mag dalk nie besef jy voel oorweldig of het hulp nodig nie.

5. Maak lysies.
Lysies help jou fokus en organiseer en help jou om prioriteite te bepaal. Onthou ʼn dag het net soveel ure en jy kan net die beste doen wat jy kan.

6. Monitor jou stres vlak uur vir uur.
Moenie toelaat dat stres ʼn monster word wat aan die einde van die dag “hanteer” moet word nie. Vra jouself kort-kort af wat jy nou kan doen om te ontspan. Dit mag beteken om op te staan en ʼn draai te stap, jou postuur te verander, iets te drink of die badkamer te besoek.

7. Moenie kos as ʼn troosmiddel of kruk gebruik nie.
Bepaal die oorsaak van die stres en hanteer so ook die simptoom.

8. Maak tyd vir “onbelangrike” dinge.
Maak tyd vir die klein vreugdes van die lewe. Ruik die nuwe bloeisels in jou tuin, steek kerse aan en spandeer kwaliteit intieme tyd met jou sielsgenoot, familie en vriende.

9. Maak eerder een klein verandering as jy nie ʼn grootte kan maak nie.

10. Wees jouself, en wees goed vir jouself.
Jy’s uniek en spesiaal. Wees eerstens goed vir jouself om sodoende ook meer te kan gee vir ander.

11. Oefen gereeld.
Oefening is een van die beste maniere om stres effektief te hanteer.

12. Eet gesond.
Eet genoeg vars vrugte en groente.

13. Waak teen onnatuurlike krukke soos rook en oormatige alkohol inname.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV