“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

‘n GPS om vrouens beter te verstaan

Geheime wat vrouens wil hê mans moet weet

Die miljoen dollar vraag, wat wil vroue regtig hê? Hier is ‘n paar verhoudingsgeheime wat ‘n GPS kan wees op die pad na ‘n vrou se hart.

1. Vroue waardeer ‘n man met ‘n sensitiewe kant wat nie ongemaklik raak as sy emosioneel is nie. Sit jou arm om haar. Sy het ‘n skouer nodig en wil net voel jy erken haar emosies.

2. ‘n Ridder se pad het minder slaggate. Veral aan die beginfase van ‘n verhouding verkies vroue dikwels dat mans ‘n meer tradisioneel manlike rol inneem. Sy is heeltemal instaat daartoe om haar eie stoel uit te trek en vir haarself die deur oop te maak, maar elke vrou wil voel dat sy soos ‘n prinses behandel word.

3. Wat jy aantrek tel punte. Nou en vir altyd. As jy moeite doen met jou voorkoms sê dit vir haar sy is vir jou belangrik. Navorsing wys dat mans wat iets rooi dra as aantreklik en as iemand met charisma gesien word.

4. Moenie bang wees om jou swakhede te erken nie. Vroue voel onmiddellik veiliger by ‘n man wat sy swakhede kan erken, emosionele insig het en bereid is om daaraan te werk.

5. Moenie haar probleme probeer oplos nie. Sy het jou oor nodig, nie jou raad nie. Sy wil voel jy is aan haar kant, jy luister, maar ook dat jy in haar glo om haar eie probleme op te los.

6. ‘n Kopskud is nie genoeg nie. Sy het nodig om te voel jy hoor haar. As sy sê: “My bestuurder het my vandag so kwaad gemaak” wys jy erken haar emosies deur te sê: “Ek hoor jy het vandag ‘n moeilike dag gehad en dat jou bestuurder jou ontstel het. Vertel my meer”.

7. Die derde afspraak is nie ‘n groenkaart vir seks nie. Vroue verskil en wil geken word in die saak. ‘n Vrou respekteer ‘n man wat sensitief is hieroor en nie die grense aanhoudend toets nie.

8. Stel die GPS in op die scenic route en nie die kortste roete nie. Dit beteken dit gaan oor die reis en nie die eindbestemming nie. Genoeg tyd, sensualiteit, aanraking: Dus voorspel!

9. Veilige seks sal jou ver bring. ‘n Vrou waardeer ‘n man wat haar gesondheid eerste stel en die daad by die woord voeg.

10. Doen moeite om uit te vind wat HAAR voorkeure tussen die lakens is. Sy wil jou ook graag bevredig so om te praat oor behoeftes en voorkeure skep ‘n platform vir oopgesprekke wat onnodige misverstande en angstigheid voorkom.

11. Vrouens ervaar ook presteringsangs. Wanneer jy om een of ander rede dalk ‘n keer sukkel om ‘n ereksie te kry of te behou het dit ook ‘n negatiewe impak op haar. Vroue voel dikwels dat dit hulle skuld is, dat hulle nie aantreklik genoeg of goed genoeg is nie. So raak presteringsangs vir albei ‘n probleem.

12. Sê dit, oor en oor. Sy het nodig om gereeld te hoor dat sy mooi lyk, dat jy haar nuwe haarstyl raaksien en dat jy haar waardeer en liefhet.

13. Kyk haar in die oë en sien haar raak, wanneer julle gesels en intiem is. Die oë word nie verniet die vensters van die siel genoem nie. Dit sê vir haar jy is hier, in die oomblik, by haar.

14. Moenie verhoudingsgesprekke vermy nie. Praat oor wat werk en wat werk nie en wat oor die verwagtinge van die verhouding. Dit verseker groei en deursigtigheid.

15. Romanse is belangrik en eintlik eenvoudig. Of julle nou 2 maande of 20 jaar saam is, ‘n vrou wil spesiaal voel. Die borrelbad wat jy vir haar tap, die nota in haar dagboek, haar gunsteling lekkerny wat jy huistoe bring. Enigeiets wat sê jy het spesiaal aan haar gedink. Dit is die klein dingetjies wat saakmaak en jy kan verseker wees dat daar ook beloning tussen die lakens sal wees.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV