“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Gly-gly na seksuele genot

Sukkel jy om genoeg eie smeermiddel te produseer tydens seksuele opwekking, ervaar jy pyn tydens seks of wil jy net jou sekslewe opkikker? Hier is ‘n paar wenke oor die regte gebruik en goeie kwaliteit smeermiddels.

Daar ‘n groot verskeidenheid smeermiddels op die winkelrakke en dit is lankal nie meer iets wat jy by ‘n obskure winkel hoef te koop nie. Almal is egter nie ewe goeie gehalte nie.

Hoekom ‘n smeermiddel?

As seksuoloog glo ek dat elke paartjie altyd ‘n goeie smeermiddel byderhand moet hê. Baie vrouens sukkel hul lewe lank om natuurlik genoeg smeermiddel te produseer. Dit beteken nie jy vind jou maat nie aantreklik of is nie gestimuleer nie. Dit beteken ook nie daar is iets fout met jou nie. Tydens en veral na die menopause atrofeer die wande van die vagina, word dunner en verloor elastisiteit as gevolg van die verlaging van estrogeen. Tot soveel as die helfte van vrouens bo 60 sukkel met vaginale droogheid. Tydens swangerskap en na geboorte, na bestralingsterapie of tydens sekere fases van die menstruele siklus kan vaginale droogheid ook voorkom. Medikasie soos byvoorbeeld vir sinus of griep kan dit ook beïnvloed. Wanneer daar vaginale droogheid is, is ‘n vrou baie meer geneig om vaginale infeksies te kry nadat sy seksueel aktief was, as gevolg van klein skeurtjies in die vaginale wande. As ‘n vrou pyn tydens seks ervaar of dit nou as gevolg van vagibale droogheid of ‘n ander rede is sal haar seksdrang ook mettertyd afneem.

Seksuele smeermiddels verhoog seksuele genot en is ook nie net vir die vrou nie. Wanneer ‘n man met die hand gestimuleer word is die sensasie baie beter wanneer ‘n smeermiddel gebruik word. Natuurlik moet ‘n smeermiddel ook gebruik word wanneer jy ‘n seksuele hulpmiddel soos ‘n vibrator gebruik.

Soorte smeermiddels:

1. Waterbasis

Dit is veilig en gewild en sal nie ‘n kondoom laat skeur nie. Dit vlek nie jou klere nie en kan sonder gevaar ingesluk word. Dit word egter vinniger droog as silikoon gebasseerde smeermiddel en van die ouer produkte op die mark raak taai en frimmelrig wat infeksie kan veroorsaak. Daar is egter organise produkte wat beter werk en geheraktiveer kan word met ‘n bietjie water of spoeg.

2. Oliebasis

Dit is produkte wat nie regtig spesifiek as smeermiddel geformuleer is nie soos Vaseline, minerale-olies en baba-olie. Hierdie tipe smeermiddels is glad nie aan tebeveel nie. Dit sal kondome beskadig, irriteer die vagina, veroorsaak vaginale infeksies en vlek jou klere.

3. Silikoonbasis

Silikoonbasis smeermiddels werk die beste. Dit is waterdig, hou lank en word nie taai nie. Dit beskadig ook nie kondome nie. Die meeste mense sê dat hulle meer bevrediging ondervind met hierdie soort smeermiddels.

Waak teen:
• Vermy smeermiddels wat gegeur is of warm of koud word as jy geneig is tot infeksie
• Die meeste smeermiddels op die mark beperk die mobiliteit en lewensverwagting van spermselle. Besoek www.tussendielakens.co.za indien julle beplan om swanger te raak, vir ‘n smeermiddel wat nie hierdie effek het nie.
• Vermy enige produk met wat die bestandeel paraben bevat.

Bekende seksuoloë hou vandag die beste kwaliteit smeermiddels aan wat veral uit Duitsland en Nederland ingevoer word wat deur die oorsese medisyne-beheerraad goedgekeur. Besoek gerus bogenoemde webtuistes vir meer inligting.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV