“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Hoe om ‘bedroom boredom’ te klop

Lisa (40) en Ben (42) is 15 jaar getroud en het twee kinders. Lisa was heel tevrede met hul sekslewe totdat Ben uit die bloute begin kla het – hul bedsake moet “opgekikker” word. “Ons het dikwels seks en vir my is dit heeltemal bevredigend. Ek was redelik geskok om te hoor dat Ben voel ons sekslewe is vervelig. Ek voel onseker en ietwat bedreig hierdeur.

“In óns verhouding bestaan daar nie meer iets soos voorspel nie. Hy stel net in een ding belang en dit skeel hom min as alles binne minute oor en verby is”, kla vrouens dikwels in my spreekkamer.

Hierdie ervarings van paartjies is ‘n baie algemene tendens. Veral vir paartjies wat al ‘n hele paar jaar getroud is. Ek sien gereeld paartjies in my spreekkamer wie se sekslewe in ʼn geykte roetine verval het. Seks Woendagaande en Saterdae-oggende…, stap 1,2 3 en dan voort met die gewone daaglikse roetine. Seks word baie maklik voorspelbaar en oninteressant. Net nog een van die take op ons “to-do list”.

Is dit moontlik om ‘n vervullende en opwindende sekslewe met een persoon vir die res van jou lewe te hê? Natuurlik! Dit verg net hope tyd, energie en “commitment” om dinge vars en interessant te hou. As jy dit nie doen nie, kan seks maklik vergelyk word met dieselfde ete eet vir die res van jou lewe! Onthou ook dat die kwaliteit van wat in die slaapkamer gebeur, baie afhang van die kwaliteit van die verhouding buite die slaapkamer!

Daar is egter ook ‘n paar dinge waarteen jy moet waak as jou sekslewe vervelig raak:

  • Moenie jou maat blameer nie
  • Moenie negatief wees nie
  • Moenie dink dit is nie belangrik nie
  • Moenie dink dit sal vanself beter word nie
  • Moenie seksuele opwinding en romanse by iemand anders gaan soek nie

Wenke om jou sekslewe weer opwindend te maak:

1. Romanse

Die belangrikste komponent om jul sekslewe opwindend
te hou is om romanse te laat lewe. Dinge soos kersligetes, klein geskenkies, onverwagse oproepe, liefdesbriefies en konstante nie-seksuele fisiese kontak. Jou man (en natuurlik jy ook) wil voel dat jy hom onvoorwaardelik lief het, dat jy hom waardeer (veral vir die klein dingetjies) en dat jy hom na waarde skat. Begin dus sommer vandag om elke dag iets spesiaals vir mekaar te doen.

2. Gourmet seks

‘n Mens word nie sommer oornag ‘n gourmet-kok nie: dit gebeur eers wanneer jy weet hoe om alledaagse kos voor te berei en te geniet, wanneer jy nuuskierig is daaroor en bereid is om moeite te doen met die voorbereiding en resepwenke lees. Gourmet seks is dieselfde. Dit is die bonus wat mens kry met die uitruil van ervarings, die gebruik van jou verbeelding, die eksperimenteer met ongewone of nuwe ervarings wanneer ‘n mens reeds bevredigende liefde maak, maar nog verder wil vorder. Hier volg dus ʼn paar “resepwenke”:

• Die lekkerte van seks-met-liefde is dat daar geen reëls is nie, solank jy dit geniet is die keuses feitlik onbeperk.
• Net soos ‘n gesonde dieet wat bepaal dat jy gereeld moet eet, benodig ‘n gesonde “seksuele dieet”, rustige, gereelde. gevarieerde en standhoudende seks, as die basis vir verdere ontwikkeling en eksperimentering.
• Die basiese bestanddele van gourmet-seks is wedersydse respek, liefde, getrouheid, teerheid. intimiteit en sensualiteit Dit is die vrug van empatie en ʼn deeglike kennis van mekaar.
• Wees kreatief en wissel dinge af. Die idee dat die vrou die passiewe party behoort te wees, is outyds. In ʼn bevryde verhouding kan die vrou ʼn belangrike leidende rol op seksuele gebied speel.
• Ontdek nuwe erogene sones bv. armholtes, oorlobbe, naeltjie, voete (veral tone).
• Probeer iets nuuts: seks met klere aan of op ʼn ongewone plek.
• Hulpmiddels soos ʼn veer, masseerolie, room of heuning kan nuwe sensoriese ervarings tot gevolg hê. Gebruik jou mond om te blaas, te suig of te byt…

3. Seksuele posisies

‘n Nuwe seksuele posisie is ‘n eenvoudige manier om jou sekslewe in ‘n kits op te kikker. Eksperimenteer met verskillende posisies – koop ‘n goeie sekshandleiding indien nodig en lees dit saam. Sommige paartjies vind dit ook stimulerend om na hulself in ʼn spiëel te kyk terwyl hulle liefde maak

4. Seksuele hulpmiddels

Daar is vandag wonderlike, goeie kwaliteit sekshulpmiddels op die mark. Probeer dalk ‘n vibrator, gegeurde smeermiddel of blinddoek jou maat. Gesels oor die gebruik van hulpmiddels en eksperimenteer saam daarmee.

5. Tydberekening

Moenie seks net tot die slaapkamer en aande beperk nie – raak kreatief!
Stort saam of hou piekniek op die sitkamer vloer…Stuur kinders na ouma toe as dit nodig is.

Onthou dan dat seks nie ‘n resies is nie. Wees rustig, tap ‘n borrelbad, skink ‘n glasie wyn, koop ‘n masseerolie, steek die kerse aan…Fokus op die reis en nie op die eindbestemming nie. Gee aandag aan mekaar se behoeftes. Dit kan ook wonderlik werk om soms rolle in te neem van gewer en ontvanger van plesier. Vannaand gee ek jou net plesier, jy kan teruglê en ontspan en net fokus op jouself. ‘n Volgende keer is dit weer jou beurt. Dit werk goed vir bietjie afwisseling, nou en dan.

Maak tyd, en beplan vir seks. Seks is soos enigeiets in die lewe, jy moet tyd daaraan spandeer om dit spesiaal en besonders te maak. Maak soms ‘n vaste afspraak met jou man of vrou.

6. Kosspeletjies

Die gebruik van kos in die liefdespel kan welkome afwisseling wees en jou saai sekslewe maklik opkikker. Wees dus volgende keer bietjie kreatief en gaan stroop die yskas vir ʼn goeie doel! Hier is ʼn paar wenke:

 

  • Ys-speletjies

 

 

Die skok van ekstreme koue laat die adrenalien pomp, wat gevoelens van opgewondenheid en antisipasie tot gevolg het. Vryf ʼn ysblokkie oral oor jou maat se liggaam of suig die ysblokkie en stimuleer jou maat se borste en tepels met jou mond. Vat dan ʼn slukkie warm koffie of tee en doen dieselfde. Jy kan ook ʼn kondoom met fyngedrukte ys vul en dit gebruik om sekere dele van jou maat se liggaam mee te masseer.

 

  • Heuning of styfgeklopte room

 

Versier jou maat se liggaam met heuning of styfgeklopte room. Gebruik ʼn verfkwas hiervoor. Sodra jy tevrede is met jou kunswerk kan jy die heuning of room aflek. Konsentreer op erogene-sones soos die borste, areolas, tepels, genitalië en tone.

 

  • Vrugte

 

 

Jy kan jou gunsteling vrug baie kreatief benut. Versier jou maat daarmee en eet dit af of druk dit fyn teen haar vel en masseer haar daarmee.

 

  • ʼn Fees van ʼn nagereg

 

 

Dis jou maat op as ʼn nagereg met ʼn verskeidenheid van konfyte, room, stroop, sjokolade en lekkergoed.

 

  • Vonkelwyn

 

 

Drup vonkelwyn oor haar mond, borste en genitalië. Lek dit af met lang sensuele hale van die tong.

Sluit ‘n liefde-sessie af deur rustig saam te bad of te stort.

7. Kreatiewe maniere om seks te inisieer

Probeer nuwe en interessante maniere om seks te inisieer. Stuur ‘n sms wat sê : “Ek wil jou graag vannaand plesier gee, ek wag vir jou 20h00 in die sitkamer met net my parfuum aan…” of verras hom in sy kantoor as hy laat moet werk… Gee jou verbeelding vrye teuels. Jy sal verstom wees oor die resultate as jy soms net die seksuele op ‘n ander interessante manier inisieer.

8. Die kuns om weer te soen

Seksuele sinergie begin by die soen. Soen is een van die wonderlikste vorms van kommunikasie en is die begin, middel en einde van ʼn onvergeetlike liefdessessie. Ons behoort nooit die mag van soen te onderskat nie. Soen mekaar gereeld ook wanneer jou maat dit nie verwag nie, so ontwikkel fisiese intimiteit.
Soen, soos soveel elemente van die liefdespel is subjektief. Wat een person van hou gaan nie doodwendig dieselfde effek op ʼn ander persoon hê nie. So gesels met jou maat oor sy of haar behoeftes. Hier is egter ʼn paar tegnieke wat die toets van tyd deurstaan het:

  • Stywe, toe lippe word nie met passie geassosieer nie. Niemand hou daarvan om ʼn dooie vis te soen nie! Soen met passie en gevoel.
  • Wanneer jou lippe sy vel raak behoort hy die binneste gedeelte van jou lippe te voel. Oefen dit op jou eie hand en voel die verskil.
  • Gebruik jou tong, maar wees spaarsaming veral aan die begin.
  • Vrouens hou daarvan om gesoen en geknibbel te word. Beweeg stadig en onthou soen is nie net tot die mond beperk nie. Ontdek haar hele liggaam met jou mond.
  • Beweeg stadig. Hoe opgewonder julle albei raak hoe vinniger sal julle wil beweeg. Fokus dus op stadige, beheerde bewegings.
  • Soen “hotspots”: oorlobbe, naeltjie, borste(tepels), fingers en tone, agterkant van die kniëe, basis van die nek, rug – enige deel wat gewoonlik deur klere bedek word.
  • Varieer die manier waarop jy soen – harder, sagter, vinniger, stadiger en kyk wat sy reaksie is.
  • Geniet dit en sorg dat jou maat dit ook geniet!

9. Raak ontslae van onnodige inhibisies

Onthou God het vir ons seks gegee om te geniet. Raak van onnodige inhibisies ontslae. Onthou jou man wil net weet dat jy met HOM seks wil hê, dat jy dit geniet, en dat HY jou kan bevredig!

10. Maak tyd vir mekaar

Oorweeg ‘n tweede wittebrood of breek net weg vir ‘n romantiese naweek saam. Die dinamika van die energie van die verhouding verskuif dadelik as daar ‘n omgewingsverandering is, en mens langer as ‘n aand kwaliteit alleen-tyd saam het.

11. Fokus eerder op sensualiteit as seksualiteit

Fokus op sensuele saamwees. Dit gaan nie net oor seks penetrasie nie. Masseer mekaar, vroetel en vry soos toe julle nog uit gegaan het, en kyk hoe lank julle kan uithou en speel voor penetrasie plaasvind.

12. Eksperimenteer

Om jou sekslewe op te kikker en interessant te hou, moet jy bereid wees om te eksperimenteer. Probeer soms iets nuuts, ‘n ander posisie of ‘n ongewone tyd of plek om seks te hê. Dit is belangrik om met mekaar te praat oor julle behoeftes en waarmee jy gemaklik voel. Om te eksperimenteer hoef jou nie angstig te maak nie. Ditkan ook bloot beteken om dinge net beitjie ANDERS te doen.

13. Atmosfeer is belangrik

Onthou dat daar alternatiewe tot tradisionele seks-penetrasie is – dit hoef nooit ʼn geval van alles of niks te wees nie.

Fokus op sensuele saam wees soos erotiese massering, orale seks en die gee en ontvang van plesier, en vergeet bietjie van die doelgedrewendheid van penetrasie en orgasme.

14. HUMOR!

Waak daarteen dat seks nie te ernstig raak nie. Moenie dat dit ‘n ‘issue’ word nie. Hou dit lig en speels. En bo alles: Sit die humor terug in jul sekslewe en geniet dit!

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV