“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Hoekom is seks goed vir jou?

Navorsing het bewys dat mense in gelukkige stabiele verhoudings met ʼn gesonde sekslewe, oor die algemeen gelukkiger, minder gespanne, gesonder mense is, wat langer leef.

Navorsing het ook bewys dat mans wat gereeld orgasme bereik minder kardiovaskulêre probleme ondervind. Dit wil voorkom of plesier gelyk is aan goeie gesondheid. Navorsing by die Universiteit van Bristol in Ierland bevestig ook dat mans wat drie of meer orgasmes per week het, 50% minder geneig is om hartsiektes te ontwikkel. Seks is goeie oefening en medici beveel 3 maal per week se 20 minuut lange oefening aan vir goeie hartgesondheid. Seks is ʼn maklike en lekker manier om dit reg te kry.

ʼn Gesonde sekslewe beteken ook gewoonlik dat die verhouding stabiel en gesond is. Dit beteken minder spanning vir die individu en die ondersteuning en liefde van ʼn lewensmaat wat goeie gesondheid verder bevorder.

Ander gesondheidsvoordele van seks:

  • Dit kan jou selfbeeld ʼn hupstoot gee
  • Dit laat jou goedvoel oor jouself
  • Dit lei tot diep emosionele en fisiese intimiteit met jou maat
  • Dit lei tot gevoelens van nabyheid, begrip en verbondenheid
  • Seks is ʼn skoonheidsbehandeling. Wanneer ʼn vrou seks het word die hormoon estrogeen vrygestel wat haar hare laat blink en haar vel laat gloei
  • Stadige, ontspanne liefdespel verlaag jou kanse om dermatitis of veluitslag te kry. Die sweet wat geproduseer word laat jou vel gloei
  • Seks is ʼn onmiddelike kuur vir ligte depressie. Dit stel endorfiene in die bloedstroom vry wat jou laat goed voel
  • Hoe meer seks jy het, hoe meer sal jy wil hê, en hoe meer sal aangebied word. Die seksueel aktiewe liggaam stel groter hoeveelhede feromone vry wat die teenoorgestelde geslag aantrek
  • Seks verbrand baie kilojoules
  • Seks is een van die veiligste sportsoorte wat daar is. Dit strek en verferm byna elke spier in jou liggaam – en dit is meer pret as om 20 lengtes te swem of te gaan draf
  • Seks is die beste ontspanningsmiddel wat daar is. Dit is 10 keer meer effektief as Valium
  • Seks is die beste slaappil wat daar is
  • Soen elke dag laat die tandarts wag! Soen vermeerder speeksel wat tandbederf voorkom
  • Seks verlig hoofpyn! Seks verlig spanning wat bloedvate in die brein vernou en tot hoofpyn kan aanleiding gee.
  • Gereelde seks kan ʼn toe neus verlig. Seks is ʼn natuurlike antihistamien. Dit kan selfs asma en hooikoors verlig
Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV