“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Kuberkul – die nuwe gevaar…

Ek sien al hoe meer paartjies wat met kuber-ontrouheid gekonfronteer word. Ontrouheid vandag is so eenvoudig soos die kliek van ‘n knoppie. Kubertegnologie en sosiale media het ons lewens so geinfiltreer dat dit dikwels ook nie verhoudings onaangeraak laat nie. Die bekende webtuiste waar mense wat getroud of in vaste verhoudings is aanlyn-verhoudings kan aanknoop, het meer as 230 000 geregistreerde verbruikers in SA.

Kuber-ontrouheid word gedefinieer as twee persone wat albei in onafhanklike vaste verhoudings is en dan saam aanlyn ontrou is. Hierdie ontrouheid vind in ‘real time’ plaas waar albei persone terselfdertyd aanlyn is en interaksie met mekaar het waar hulle hul fantasieë deel. Dit kan vorder tot kontak via geselsgroepe (chatrooms), persoonlike gesprekke met geselstoepassings soos Whats App en Skype en dan uiteindelik na telefoonoproepe en ontmoetings. Die verskil tussen kuber-ontrouheid en ‘n gewonde vriendskap is die feit dat geheimhouding hier ter sprake is. As jy weet jy wil nie hê jou maat moet sekere gesprekke hoor of sien wat jy met iemand anders het nie, kan die rooiligte maar flits.

Baie mense sien hierdie tipe aanlynverhoudings nie as ontrouheid nie. Hulle sien dit dikwels as onskuldige gesels en aangesien daar nie aanlyn ‘fisiese seks’ plaasvind nie, voel hulle dit is nie verkul nie, en dat dit nie hul maat affekteer nie.
Wat is die aantrekkingskrag van kuberseks? Dit laat jou spesiaal voel, dit is op jou terme, jy kan dit uit die gerief van jou eie huis doen en die gevoelens en gesprekke is baie intens. Jy kan ook uit die gesprek tree sodra jy wil.

Hoe beskerm jy jouself en jou verhouding teen kuberkul?

• Besef die gevaar wat tegnologie en die web inhou vir jou verhouding en wees bedag op hoe maklik ‘n mens verstrengel kan raak
• Besef dat baie van die aanlyn webtuistes van rekenaarprogramme gebruik maak om met mense wat geregistreer is te gesels. Jy dink dus jy gesels met ‘n regte persoon maar eintlik is dit ‘n rekenaar wat antwoorde genereer of iemand wat betaal word om vir ‘n verskeidenheid mense boodskappe te stuur. Baie van die webwerwe deel inligting en so kan jy sonder jou toestemming skielik aan baie soortgelyke webtuistes hoort waarvan baie fooie eis.
• Bou en koester jou verhouding met jou maat. Kommunikeer oop en eerlik oor vrese en behoeftes. Spandeer tyd saam in mekaar se geselskap waar julle pret het.
• Monitor die trant van jou aanlyn-gesprekke. Vra jouself af of jy gemaklik sal wees as jou maat deel van die gesprek was of toegang tot jou profiel het?
• Gesels met jou maat oor die grense van julle verhouding. Watter tipe gesprekke met ander is julle mee gemaklik en watter tipe nie.
• Maak seker dat jy van die begin van ‘n aanlyngesprek die grense met daardie persoon ook stel deur byvoorbeeld te noem ek is in ‘n vaste gelukkige verhouding. Die oomblik dat jy by ‘n aanlyn-vriend of vriendin begin kla oor jou maat of verhouding moet die gevaarligte flikker. Ook as jy meer tyd en energie aanlyn spandeer as in die regte lewe met jou maat.
• As jy fantaseer oor jou aanlyn vriendskap of romantiese gevoelens begin ontwikkel of planne begin maak om die persoon te ontmoet of julle gesprekke op enige manier seksueel van aard raak moet jy die kontak verbreek.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV