“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Topwenke as seksuoloog vir gesonde seks

Jy is ʼn wat? Sjoe, dit moet interessant wees. Dit is opmerkings wat ek gereeld hoor. En ja, ek is mal oor my werk. Dit is positief, verrykend en baie bevredigend wanneer mense se verhoudings en lewe ten goede verander. Uit my meer as twintig jaar praktyk ervaring ‘n paar wenke: Bring die humor terug slaapkamer toe. Lag meer en hê meer pret. Vir baie paartjies is seks net té ernstig. Daar is verskeie vorme van gesonde seks soos rollespel, seks op interessante plekke of probeer af en toe met iets nuut eksperimenteer. As jy van die wasmasjien afval of die nuwe posisie laat jou derms knoop, lag lekker saam en probeer iets anders. So skep julle kosbare herinneringe.

1. Sensualiteit en genot behoort die fokus te wees. Seks mag nooit seer wees of soos ʼn plig voel nie. Dit moet iets wees wat jy doen, wanneer jy dit wil doen, omdat dit lekker is en intimiteit en sensualiteit kweek. Dit is sielskommunikasie.
2. Wees kreatief, veral in die maniere waarop jy seks inisieer. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon dat dit belangrik is om seksuele spanning te behou nie. Roetine is jou sekslewe se grootste vyand. Seks (voorspel) is ʼn deurlopende proses. Nie die hand wat jy uitsteek wanneer julle vannaand moeg in die bed val nie. Maar leer ook om jou maat se ‘ek is nie nou in die bui nie’, met grasie te aanvaar en nie persoonlik op te neem nie. Dit is beter om dalk minder gereeld seks te hê maar beter kwaliteit seks te hê.
3. Die reis is belangriker as die eindbestemming. Die fokus is op deurlopende genot. Haal die druk af van orgasme bereik en meer nog van gesamentlike orgasme bereik. Stel orgasme so lank as moontlik uit. So gaan nuwe wêrelde van ontdekking oop en uiteindelik ja, sal die beloning groter wees.
4. Belê aktief in julle sekslewe. Praat oor julle behoeftes en begeertes en oor die feit dat ‘n gesonde sekslewe ‘n gesonde verhouding verseker. Dit is die sement van ‘n reeds gesonde verhouding. Hou op skuldig voel. Raak ontslae van onnodige inhibisies. ʼn Weeklikse ‘date night’ is ononderhandelbaar. Doen moeite en skep tyd vir mekaar.
5. Belê in goeie smeermiddel en nuwe generasie seksuele hulpmiddels wat paartjies saam kan gebruik. Sien www.tussendielakens.co.za

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV