“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Ontdek die suidelike halfrond….

Orale seks kan ‘n gesonde en genotvolle deel van ‘n seksuele verhouding wees. Sommige voel ongemaklik en vir ander is dit ‘n normale seksuele alternatief. Dit is interessant hoeveel mense gedurende seksterapie kla dat hulle maat nie met orale seks wil eksperimenteer nie.

Meeste mans is gaande daaroor om orale seks te gee, en te ontvang. Die fisieke plesier, visuele en direkte stimulasie is vir mans baie opwindend. Dit wys vir hom dat jy hom regtig plesier wil verskaf. Hy mag oorgee en hoef nie in beheer te wees nie. Hy kan teruglê en ontspan, en op die plesier fokus.

Sommige vroue hou nie daarvan om vir hulle maats orale seks te gee nie, omdat hulle die gevoel kry dat hulle gaan verstik, braak of versmoor. Dit is ‘n algemene gevoel en kan oorkom word deur deur die neus asem te haal of ‘n kombinasie van orale- en handstimulasie te gebruik. Om orale seks te gee, is ‘n kuns wat maklik aangeleer kan word.

Alles kan gewoonlik op ‘n skaal van 1-10 gesien word. Wat jy dus dink orale seks is, mag dalk ‘n 12 op die skaal wees. Sorg dus dat jy genoeg inligting inwin, eksperimenteer en dalk is daar ‘n 1 of 2 op die skaal van orale seks waarmee jy gemaklik voel. Die geheim is om nie ‘n alles of niks benadering te hê nie.

Party mense word afgesit deur die reuk van die liggamsvloeistowwe. Bad of stort dalk eers saam. Deesdae is daar ook sensuele produkte op die mark, soos gegeurde olies en smeermiddels, wat lekker ruik en proe om orale seks makliker te maak.

Sommige vroue wil ook nie graag semen sluk nie. Hulle hou nie van die smaak of tekstuur daarvan nie. Onthou, dit is jou keuse, en jy is onder geen verpligting om dit te doen nie. Kommunikeer hieroor, bepaal julle grense as paartjie.

Dit is belangrik om te weet dat verskeie seksueel oordraagbare siektes (SOS) onder meer Herpes, Menslike Papilomma Virus, Gonorrhea en Virale Hepatitis deur orale seks oorgedra kan word. Die risiko hang natuurlik af van hoeveel seksuele maats mens gehad het en of jy in ’n monogame verhouding is. ‘n Goeie beskermingsmeganisme is om ‘n kondoom te gebruik as ‘n vrou vir ‘n man orale seks gee en as ‘n man vir ‘n vrou orale seks gee om ‘n ‘dental dam’ of kondoom wat in die helfte gesny word, of glad wrap, te gebruik wat oor die hele vula area geplaas word. Dit behoort nie die vlak van sensasie te verminder nie, maar beskerm jou teen die SOS. Ouers moet weet dat tieners dikwels orale seks beoefen omdat hulle voel dit nie ‘regtig seks’ is nie. Praat dus met jou kind hieroor en maak seker hulle weet hoe om hulself te beskerm. Moenie net aanvaar hulle gaan dit nie doen nie.

Orale seks is natuurlik en word algemeen deur baie paartjies as deel van hulle liefdespel geïnkorporeer. Daar is nie ‘n regte of verkeerde manier van orale seks nie. Eksperimenteer en kommunikeer, en so sal julle mekaar se behoeftes meer en meer vervul. Orale seks moet nooit op ‘n maat afgedwing word nie. Gaan sien liewer ‘n seksterapeut as julle nie ‘n ooreenkoms kan bereik wat vir julle albei aanvaarbaar is nie.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV