“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Fantaseer meer vir seks met geur

Plek: ’n Eksotiese tropiese eiland.
Tyd: Net voor sonsondergang.
Scenario: Jy lê in ’n hangmat, lomerig van die laatmiddagson. Skielik vou koel vingers oor jou oë. Jy probeer regop kom, beur teen die ferm greep op jou ooglede. Nou word jy bewus van ‘n skoon, manlike reuk wat jou kop laat draai.
Die hande gly van jou oë af, begin streel oor jou louwarm liggaam – eers oor jou arms en skouers, dan af, af, af…
Jy weet dis die hande van ‘n vreemdeling – nie dié van die man wat elke aand jou bed deel nie. Maar jy keer nie…

Ontspan maar, jy hoef nie skuldig te voel oor só ’n fantasie nie. Jy’s een van miljoene mense reg oor die wêreld wat gereeld hul verbeelding inspan om meer geur aan hul seksuele ervaring te gee. ’n Mens se brein is nie net jou belangrikste seksorgaan nie, maar ook ‘n uiters veelsydige seksopkikker. As jy kan droom, kan jy fantaseer. Om oor seks te dink, is soos om jou motor aan te skakel en die enjin te laat opwarm vir die rit wat voorlê. Fantasie kan gebruik word om dié deel van die brein wat seksuele opwekking bewerkstellig ‘aan te skakel’.

Seksuele fantasie is ’n kragtige seksprikkel wat jou die geleentheid gee om seksuele aktiwiteite te geniet wat jy nie gewoonlik wil of noodwendig ooit sou wou ervaar nie.
Weens ’n streng Calvinistiese agtergrond en min of geen seksopvoeding voel veral vroue dikwels skuldig wanneer hul gedagtes ’n seksuele rigting inslaan. Party beskou seksuele fantasieë as vuil en sondig en voel hulle verkul daardeur hul maat in hul gedagtes.

Volgens seksuoloë is dit egter heeltemal normaal om oor seks te fantaseer. Trouens, sulke fantasieë kan vele voordele hê en waardevol wees vir die seksuele sy van ’n liefdesverhouding.

Dis ‘n baie belangrike hulpmiddel vir seksuele opwekking en stimulasie en ‘n veilige manier om enige moontlike seksuele scenario te ‘verken’. Ook ‘n wonderlike manier om nuwe vonk in ‘n gevestigde verhouding te blaas. Beskou die vermoë om oor seks te fantaseer as ‘n spesiale vaardigheid wat jy en jou maat kan gebruik om ‘n seksuele aptyt vir mekaar te ontwikkel. As jy nié ‘n seksmaat het nie, kan dit ook tydens masturbasie ingespan word om jouself seksueel te prikkel.

Daar’s geen reëls nie. Fantasie kan so vergesog wees as wat jy wil hê dit moet wees. Jy het die reg om te fantaseer – enige tyd, enige plek en oor enigiets, solank jy gemaklik voel daarmee. Jy kan dit óf vir jouself hou, óf met jou maat deel. Julle kan dit selfs deur rolvertolking deel maak van die liefdespel.

Hier is 15 gewilde temas vir seksuele fantasieë:

1. Ervaring uit die verlede
Visualiseer ‘n opwindende seksuele ervaring wat jy altyd sal onthou – miskien uit die dae toe julle nog baie verlief was. Of dalk ‘n stomende sessie op ‘n gewaagde plek waar julle uitgevang kon word. Herinner jou maat in ‘n passievolle oomblik daaraan en kyk wat gebeur.

2. Iemand anders as jou maat
Wat van die tandarts of ginekoloog? Nadat hy jou ondersoek het, trek hy jou onverwags nader en soen jou hartstogtelik. Kleur self die prentjie verder in.

3. ‘n Bekende
Dink aan iemand wat lankal jou belangstelling prikkel: Tom Cruise, Sting, of een van die manne van die Loerbroer-huis. Wat wil jy graag met hom doen en wat wil jy hê moet hy met jóú doen?

4. ‘n Vreemdeling
Jy ken hom glad nie. Julle klim saam in die hysbak. Halfpad boontoe gaan staan die hysbak. Julle word oor die interkom ingelig dat dit minstens ‘n uur gaan neem voordat julle bevry kan word…

5. ‘n Erotiese fliek
Min dinge gryp die verbeelding aan soos ‘n sappige, erotiese liefdesverhaal. Dink maar aan 9 ½ Weeks, The Lover en Ghost.

6. Voor ander mense
Jy kan kies of jy die voyeur (toeskouer) of ekshibisionis (vertoner) wil wees. Verbeel jou byvoorbeeld jy lê nakend agter ‘n glaspaneel en ‘n klomp mans kyk van die ander kant na jou. Hoewel daar wedersydse seksuele stimulasie is, is daar geen kontak nie.

7. Gedwonge seks
Terwyl jy op ‘n verlate strand sit, vat iemand jou stewig van agter vas en begin jou bloes losknoop. Wanneer jy probeer keer, fluister hy saggies in jou oor dat jy nie sal seerkry as jy saamspeel nie. (Onthou, dis net ‘n beeld in jou kop en beteken hoegenaamd nie jy wil verkrag word nie.)

8. Sadisme, masochisme, gevangeskap (bondage), onderdanigheid
As jy in jou fantasie die een is wat straf uitdeel, is jy die sadis en jou maat die onderdanige party. ‘n Masochis geniet dit om pyn te ervaar. Van dié sekspraktyke kan gevaarlik raak as dit nie betyds beëndig word nie, maar solank die speletjie net in die verbeelding plaasvind, is dit heeltemal onskadelik. Gevangeskap, wanneer een die ander vasmaak, word deur baie paartjies uitgeleef.

9. Seks met ‘n groep mans of vrouens
Jy bevind jou in die kleedkamer van die Springbok-rugbyspan. Skielik begin dinge warm raak.

10. ‘n Openbare plek
Die moontlikhede is legio – restaurant, fliek, sauna of swembad. Julle kan nie meer jul lus vir mekaar beteuel nie. Dalk word julle uitgevang; dalk nie.

11. Taboe-seks
Jou man kry ‘n aantreklike vennoot wat jare jonger as jy is en jy vind hom onweerstaanbaar. Of stel jy meer in ‘n skoolseun belang?

12. ‘n Ander vrou
Nee, dit beteken nie jy’s homoseksueel nie. Trouens, seks met ‘n ander vrou is die mees algemene fantasie onder vroue.

13. Groepseks, bv. maats ruil (swinging) en orgies
Jy het tog seker al daaroor gewonder? In jou verbeelding kan jy jou en jou maat se nuuskierigheid bevredig.
14. ‘n Manlike maagd
Wanneer dinge op die punt is om te gebeur, bely hy aan jou dat dit sy eerste keer is. Dink net wat jy hom alles kan leer!

15. Rolspel
Alle fantasieë hoef nie noodwendig net drome te bly nie, maar kan met rolspel en verskillende tegnieke uitgebeeld word. Dink aan verskillende persoonlikhede, verhoudings en temas, bv. professor en student, dokter en verpleegster, priester en non. Of kies ‘n Hollywood-ster wat jy nog altyd beny het en “speel” daardie karakter deur sy of haar voorkoms en maniertjies na te aap.
“Rolspeel is ‘n wonderlike manier om ‘n geroetineerde sekslewe op te kikker en nuwe horisonne te verken, maar dan moet albei maats die nodige avontuurlus hê en gewillig wees om te eksperimenteer,” sê Elmari.
Om seker te maak dat julle mekaar nooit misverstaan nie, is dit wys om saam ‘n kodewoord te kies en dit te gebruik wanneer een van julle voel dis tyd om die speletjie te beëindig.
Om die hele seksspel te beplan en af te wag kan vir baie seksuele opwinding sorg. Solank niemand emosioneel of fisiek seerkry nie en albei inskiklik is en gemaklik voel, is dit heeltemal veilig.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV