“Communication is to relationships what breath is to life” – Virginia Satir

Toets hoe gesond jou seksuele-selfbeeld is

As jy dink die ‘perfekte lyf’ waarborg ‘n fantastiese sekslewe, lê jy die matras ver mis. Al wat nodig is vir gesonde bedsake, is ‘n gesonde seksuele selfbeeld.

Toets eers jou seksuele selfbeeld.

1. Is jy gemaklik met naaktheid in die bed?
2. Is jy gemaklik met die ligte aan tydens seks?
3. Is jy gemaklik daarmee om te masturbeer?
4. Het jy seksuele fantasiëe?
5. Glo jy dat jy die reg het om seksuele bevrediging te ervaar?
6. Is jy gemaklik met jou lyf en seksualiteit?
7. Sal jy seksuele hulpmiddels gebruik?
8. Sal jy soms ‘sexy’ aantrek om aantreklik te voel?
9. Sukkel jy om seks te geniet terwyl jou kinders wakker is?
10. Sal jy verskillende seksposisies probeer?
11. Gee jy orale seks?
12. Ontvang jy orale seks?

Indien jy 8 of meer Ja’s het is jou seksuele selfbeeld positief. Indien jy 5 tot 8 Ja’s het kan jy werk daaraan om jou seksuele selfbeeld te verbeter. Indien jy minder as 5 Ja’s het het jy ‘n negatiewe seksuele selfbeeld en moet jy definitief daaraan aandag gee.

Borste wat lankal voor die eise van swaartekrag geswig het, saalsakke, pleks van slanke, sexy heupe. Wat sien jy wanneer jy in die spieël kyk? ‘n Onvolmaakte mens wat nie verdien om liefgehê en geliefkoos te word nie? Die monster is nie die een wat desperaat vanuit die spieël na jou terugstaar nie – wél die ondier in jou kop wat jou wysmaak dat jy nie goed/mooi/begeerlik genoeg is om seksuele plesier te ervaar of gee nie.

‘n Gesonde seksuele selfbeeld is ‘n belangrike komponent van jou seksualiteit. Elke mens is ‘n unieke wese wat sy/haar seksualiteit op ‘n unieke manier beskou, ervaar en uitdruk. Of mens dit op ‘n positiewe of negatiewe manier ervaar, hang grootliks van jou seksuele selfbeeld af. Dit is soos ‘n legkaart met verskillende dele – dit word gevorm deur opvattings oor en ingesteldheid teenoor seks en seksuele plesier, asook deur waardes en beelde wat met jou liggaam en emosies verband hou. Seksualiteit het dus met veel meer as die blote seksdaad te doen.

‘n Mens se seksuele selfvertroue het twee groot vyande: jou liggaamsbeeld en die mite van ‘perfekte’ seks soos byvoorbeeld veelvuldige gesamentlike orgasmes en eksotiese seksposisies soos dit in die media uitgebeeld word. Boonop leef ons in ‘n kultuur wat nog nie heeltemal wegbeweeg het van die patriargale idee dat seks iets is om oor skaam te wees en dat dit ‘n vrou se plig is om heeltyd seksueel beskikbaar en gereed te wees vir haar maat.

Tien wenke vir ‘n gesonde seksuele selfbeeld:

1. Herinner jouself daaraan dat miljoene mense van alle groottes, vorms en
kleure elke dag seks het en dit geniet. Wees realisties. Die meeste vroue het ‘n duidelike idee van hoe hulle graag sou wou lyk. Dié idee is oor baie jare gevorm en gaan nie oornag verander nie, maar werk daaraan. Vra jouself af waarom dit vir jou so belangrik is om ‘n bepaalde rokgrootte te dra en of dit werklik ‘n verskil sal maak as jou bo-arms of bene 2cm dunner is.
2. Jy kan nie jou oë sluit vir die invloed van die media en omringende gemeenskap nie, maar jy kán dit met ‘n knippie sout neem. Moenie na ander se slimpraatjies luister nie. As dit jou en jou maat gelukkig maak om drie keer per dag of een maal per maand seks te hê, is daar niks mee verkeerd nie.
3. Maak ‘n lysie van jou “gunstige’’ liggaamlike eienskappe, soos mooi hande, hare, oë, ens. Vul die lysie gereeld aan. Waardeer ook jou talente – veral dié wat met romanse en bedsake te doen het. As jy die lysie met jou maat deel, is die kanse goed dat hy met nog ‘n paar pluspunte vorendag sal kom. Die meeste mans is nie naastenby so krities soos vroue nie.
4. Staan kaal voor die spieël, kyk aandag na jouself en raak gewoond aan jou eie naaktheid. Soek dié keer sterk punte, pleks van sogenaamde tekortkominge. Waardeer die uniekheid van jou liggaam.
5. Aanvaar komplimente met grasie en gló dit.
6. Kyk ‘n slag so krities na ander soos na jouself. Jy sal agterkom dat daar meer “gewone” mense as “perfekte” mense rondom jou is.
7. Begin “groepsterapie” deur jou bekommernisse met vriendinne te deel. Jy sal gou besef dat die meeste van hulle dieselfde onsekerhede ervaar. Gesels ook oor die oorsprong van negatiewe gevoelens.
8. Verbeter jou selfbeeld deur iets te verander wat jou goed laat voel, soos om jou bril deur kontaklense te vervang of ‘n nuwe haarstyl of –kleur te kry.
9. Leer hoe om te masseer – dit sal jou waardering vir jou eie en jou maat se liggaam verhoog.
10. Lees selfhelpboeke oor jou liggaams- en selfbeeld. Min van die huidige generasie volwassenes is as kinders aangemoedig om met hul geslagsorgane vertroud te raak en só in voeling met hul eie seksualiteit te kom. Gebruik ‘n handspieël en leer jouself ken. Eksperimenteer – al beteken dit jy moet ‘n paar risiko’s neem. Onthou, seksuele vervulling is ‘n gawe, nie ‘n sonde nie. Jy verdien en het die reg om seks te geniet en dit vir jou maat genotvol te maak.

Elmari specialises in the following:
  • Sexology
  • Individual Psychotherapy
  • Clinical Hypnotherapy
  • Sex therapy
  • Couples Therapy
  • Relationship/Marital Enrichment
  • Pre-marital Counselling
  • Conflict Resolution and Effective Communication Skills
  • Divorce Counselling
  • Trauma Counselling

 
The diagnoses and treatment of male and female sexual dysfunction, eg
  • Loss of sexual desire
  • Libido differences
  • Sexual Pain Disorders:
    Vaginismus,
    Dyspareunia,
    Vulvadinia ext
  • Inability to reach orgasm
  • Erectile dysfunction
  • Ejaculation control and timing
  • Sexual behaviour disorders
  • General Sexual Problems
  • Sexual Enrichment
CV